Hoe werk dit om goedkeuring te kry vir 'n lening om 'n eiendom te koop? Susan de Jager van Ooba en Marlise van Rooyen van Harcourts vertel vir Laeveld Brunch.
Die verdedigende SA Beker-kampioen, die Airlink Pumas, het hul sterk vertoning die naweek voortgesit met 'n klinkende 94-5 oorwinning – hul vierde van die seisoen – oor die Border Bulldogs by die Sisa Dukashe-stadion Saterdag. Die naweek se uitslae hou Griekwas bo-aan die punteleer met 25 punte na vyf oorwinnings…
Q, Gerhardt en Coenie het Vrydag en Saterdag met 'n Mahindra 3XO van Mahindra Nelspruit die jaarlikse Klankgolf-konferensie in Pretoria bygewoon. Hulle het die rit geniet! Hein le Roux en Coenie gesels oor hoekom dié voertuig verlede jaar die SA kar van die jaar was.
Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, het tydens Saterdag Ontbyt met Charles gesels oor voeding vir groentetuine en waarom organies beter werk.
Robin en Yolandi Lewis van Numinous Expeditions is tydelik terug van hul reis rondom Suider Afrika om in die Laeveld 'n stemselskenker-veldtog te loods.
SANParke sê die probleem van besoekers wat tydens wildritte in die Krugerwildtuin uit hul voertuie klim neem toe. Die afgelope Paasnaweek is ‘n man met 2-duisend-500-Rand beboet na hy by ‘n leeubesigting naby Krokodilbrug uit sy voertuig geklim het. In video-materiaal wat op sosiale media versprei is maak hy beledigende…
Dit is baie belangrik om jou dokumentasie in plek te hê vir in geval, sê Glynis Davies van Harcourts. "Dit veroorsaak soveel pyn en selfs 'n bakleiery as jy sterf en jy het nie 'n testament of eksekuteur nie."
Daar tans geen planne is om Witrivier se naam na Vundzile te verander nie. Die voorgestelde naamsverandering waaroor ons vroeër berig het was ons Aprilgekgrap. Linda Grimbeek van die KLCBT vertel.
Na die vierde ronde van die SA Beker die naweek lê die verdedigende kampioene, die Pumas, derde op die punteleer. Hulle het die Valke Sondag met 42-36 geklop. Hulle speel weer op 11 April. Darnell Osuagwu en Gustav Du Rand kuier in die ateljee.
Die Raad van die Casterbridge Music Development Academy (CMDA) het besluit om alle bedrywighede van vandag af op te skort. Die fokus verskuif nou na intensiewe fondsinsameling en hulpbronmobilisering om die nodige befondsing te verseker om bedrywighede te hervat. Thapelo Lekwane gesels met ons.
Mense doen dikwels simpel dinge wat hul risikoprofiel verhoog, want hulle weet nie van beter nie. Mark Grobbelaar, die stigter en uitvoerende beampte van InPowered, sê 'n paar eenvoudige reëls kan jou en jou naastes se blootstelling aan geweldadige misdadigers verlaag. Hy kuier in die ateljee saam met Lauren Barnard…
Die Laeveld se Expedition Africa Adventure Race-span, Jabberwock, het op 20 Maart 'n naelskraapse oorwinning in die 2026 Drakensberg resies behaal na 'n uitmergelende 500 km om die wenstreep voor die Russiese nasionale span, Wild Trials, oor te steek. Sara Archdeacon, Harry Wiltshire, Craig Metherell en DeWaal Visser is die…
Die plaaslike rocker en radio-omroeper Coenie Naudé se jongste enkelsnit klink soos niks wat jy al uit sy pen gehoor het nie. Geraas word môre amptelik vrygestel. Hy gesels met Sonop Ontbyt.
26 Mar
14 min
40 – 60
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.