Maroela Media Môregloed

Môregloed

Môregloed is 'n radiovervolgverhaal wat swaarbelaai is met temas soos familie-intriges, vasbyt en deernis, 'n stryd om te oorleef, kinderontvoering en pleegsorg, die vernietigende effek van dwelms en die ewige soeke na môre – alles opgedis met 'n goeie skoot humor.

Theuns Malan - Anton Dekker
Eben de Jager - Antowan Nöthling
Griet Kotze - Sulette Thompson
Patricia de Villiers - Esmeralda Bihl
Elmari Neethling - Su-an Müller-Marais
Aletta - Bettie Kemp

Vervaardiger: Bettie Kemp
Klanktegnikus: Marius Vermaak
Skrywer: Joe Kleinhans
Afrikaans Read by Bettie KempSouth Africa Performing Arts · Kids & Family Narrated by Bettie Kemp
120 Episodes
1 – 20

Môregloed - Episode 1

Hoe is dit moontlik dat Aletta de Jongh en haar dogter, Elmari Neethling, mekaar 20 jaar lank nooit gesien het nie? Ná 'n skok-ontmoeting word Aletta se lewe dramaties omgekeer.
Season 1 / Episode 1 6 min

Môregloed - Episode 2

Griet Kotze bied haar “hair specials” net by haar woonwa in die Joos Becker-woonwapark naby die Wonderboom Junction in Pretoria aan. Elke “special” gaan gepaard met groot gesels. Vandag se gesprek met Aletta skok Griet tot in haar tone.
Season 1 / Episode 2 6 min

Môregloed - Episode 3

Aletta de Jongh gaan met ʼn doel inkopiesentrum toe. Om wat te gaan maak? Hoe goed loop haar besoek daar af? Moord, selfmoord en dwelmstories duik skielik op.
Season 1 / Episode 3 6 min

Môregloed - Episode 4

Waar belê Elmari Neethling haar twee vergaderings en met watter doel? By Elmari se “Lavenderfabriek” spat die vonke tussen haar en Theuns en Eben. Wie is die moeilikheidmaker? Die tafel is gedek vir verdere konfrontasie.
Season 1 / Episode 4 6 min

Môregloed - Episode 5

Eben de Jager glo vas iemand het doelbewus sy sake deurmekaar gekrap. Griet loop met ʼn verwoestende seer in haar binneste rond, iets waaroor sy nie maklik praat nie. Maar iemand trek tog die inligting uit haar uit.
Season 1 / Episode 5 6 min

Môregloed - Episode 6

Aletta de Jongh is in 'n moeilike bui en dis nie hoe haar mense haar ken nie. Radio Centurion saai elke weekdag 'n trefferprogram met 'n wenresep uit wat uitreik na hulpbehoewendes. Wie tree vir Eben de Jager in die bresse?
Season 1 / Episode 6 7 min

Môregloed - Episode 7

Eben se werksbakkie werk oortyd vanoggend. Môregloed Kleuterskool is nie verniet Elmari Neethling se trots nie. Die skool het sowat 80 monde wat elke weekdag gevoed moet word. Die voortreflike skoolhoof is nie iemand met wie jy sal mors nie. Maar dan daag daar onverwags iemand op wat sake deurmekaar…
Season 1 / Episode 7 6 min

Môregloed - Episode 8

Môregloed word deur ʼn ontvoering geruk. Theuns Malan is bekend dat hy korrupsie- en staatskapingsake oopkrap, maar om die een of ander onverklaarbare rede gryp dié ontvoeringsaak hom aan en laat dit die adrenalien in sy are pomp. Wat jaag hom?
Season 1 / Episode 8 5 min

Môregloed - Episode 9

Elke skool het sy boelie of twee. Môregloed Kleuterskool is geen uitsondering nie. Griet Kotze kan nie stilsit en toekyk hoe die boelie met die tatoe op sy bo-arm die dogtertjies bykom nie. Veral nie die een dogtertjie nie. Dan vang sy ʼn dom ding aan.
Season 1 / Episode 9 6 min

Môregloed - Episode 10

Almal in Môregloed is ontsteld omdat daar nog geen taal of tyding van die ontvoerde kind is nie. Dis duidelik dat Theuns Malan dieper betrokke by die saak raak. Hy nader iemand om meer inligting in te win … met gevolge.
Season 1 / Episode 10 6 min

Môregloed - Episode 11

"Touch of Lavender" op Kameeldrift is Elmari Neethling se trots. Dis bedrywig dié tyd van die jaar, want dis planttyd. Te midde van die gewoel daag daar ’n besonderse kuiergas op. En ’n sekere gebeurtenis maak steeds opslae.
Season 1 / Episode 11 6 min

Môregloed - Episode 12

Griet Kotze se lewe is stresvol en sy hanteer dinge nie goed nie. Vandag van alle dae – toe die stres haar weer onderkry en sy haar oorgee aan haar swakheid – word sy deur ’n besoeker verras. Wie daag almal by die Baviaanspoort Gevangenis op en hoekom?
Season 1 / Episode 12 5 min

Môregloed - Episode 13

’n Kind se verjaardag bly ’n besonderse gebeurtenis met al die opwinding wat daarmee gepaardgaan. Griet Kotze is netjies uitgevat vir vandag se groot verjaardag en geskenkie onder die arm, stap sy by die karavaan uit. Vandag kry sy uiteindelik ’n langverwagte foto. Min weet sy dis ’n dag wat…
Season 1 / Episode 13 6 min

Môregloed - Episode 14

Nog ’n misdaad skud Elmari Neethling. Sy is selfs meer ontsteld toe Theuns Malan vóór die polisie by die misdaadtoneel opdaag. Die man is darem net te gerieflik byderhand as donker dinge gebeur en dan is hy nog Meneer Behulpsaam self! Griet Kotze en Eben de Jager het self ’n…
Season 1 / Episode 14 6 min

Môregloed - Episode 15

’n Krisis bars los en Aletta de Jongh leer met groot oë van ’n anafilaksie en ’n omgesukkelde man met die naam Jan Horn. Sy sterf tagtig dode op een van die langste Maandae van haar lewe. Maar sy’s nie die enigste een wat bloed sweet nie.
Season 1 / Episode 15 6 min

Môregloed - Episode 16

Briewe is skielik aan die orde van die dag. Wie moet almal ’n brief skryf? Elmari de Jongh glo vas as jy eers ’n troon vir leuens oprig, word dit die galg vir die waarheid. Daarvoor sien sy nie kans nie. En sy is uitgesproke daaroor.
Season 1 / Episode 16 7 min

Môregloed - Episode 17

Die moleste met Jan Horn hou Patricia de Villiers uit die slaap. Theuns Malan bly gefassineerd met Monique Daniels se verdwyning. Hy bly krap, op soek na nuwe inligting. Dan kom hy op ’n brokkie inligting af wat selfs Elmari Neethling se asem wegslaan.
Season 1 / Episode 17 6 min

Môregloed - Episode 18

Griet Kotze hoor uiteindelik die waarheid oor die toebroodjie-insident. Wie loop sy daaroor storm? Sy het ’n groot plan om die amperse tragedie in ’n wen-wen-situasie te verander, maar het sy ’n kans om daarmee te slaag?
Season 1 / Episode 18 6 min

Môregloed - Episode 19

Griet Kotze bekom meer inligting oor Jan en Sally Horn. Hoe strook dit met haar feite oor dié mense? Soms laat skok mense snaakse dinge aanvang. Dis omtrent al verduideliking wat daar kan wees vir Griet se skokoptrede.
Season 1 / Episode 19 6 min

Môregloed - Episode 20

Daar is ’n gesegde wat lui “jammerte sonder hulp is soos mosterd sonder vleis”. Dis hoe Griet Kotze voel: Daar mag miskien hope mosterd wees, maar sy sien nie ’n enkele krieseltjie vleis nie. Waaroor word Theuns Malan ingevlieg?
Season 1 / Episode 20 5 min
1 – 20