Maroela Media Môregloed

Môregloed

Môregloed is 'n radiovervolgverhaal wat swaarbelaai is met temas soos familie-intriges, vasbyt en deernis, 'n stryd om te oorleef, kinderontvoering en pleegsorg, die vernietigende effek van dwelms en die ewige soeke na môre – alles opgedis met 'n goeie skoot humor.

Theuns Malan - Anton Dekker
Eben de Jager - Antowan Nöthling
Griet Kotze - Sulette Thompson
Patricia de Villiers - Esmeralda Bihl
Elmari Neethling - Su-an Müller-Marais
Aletta - Bettie Kemp

Vervaardiger: Bettie Kemp
Klanktegnikus: Marius Vermaak
Skrywer: Joe Kleinhans
Afrikaans Read by Bettie KempSouth Africa Performing Arts · Kids & Family Narrated by Bettie Kemp
120 Episodes
20 – 40

Môregloed - Episode 21

Reëls is nooit ’n probleem vir dié wat aan die regte kant daarvan leef nie. Maar dit kan diegene aan die verkeerde kant daarvan pootjie en opstandig maak. Wie moet hierdie waarheid leer? ’n Gevaarlike situasie noodsaak dat Môregloed Kleuterskool ’n nuwe sekuriteitsman moet kry.
Season 1 / Episode 21 5 min

Môregloed - Episode 22

Elmari Neethling kry vir die eerste keer kans om vir Aletta de Jongh haar trots, Touch of Lavender, te wys. Vir wie het Elmari in haar laaste saak verteenwoordig en in die hof verdedig, net voor sy haar prokureursfirma verkoop het? Dis ’n belangrike skakel na die ontknoping van ’n…
Season 1 / Episode 22 7 min

Môregloed - Episode 23

’n Man mag mos maar groot droom. Wie is vol planne vir die toekoms? Hadida Security Services speel ’n al hoe groter rol in sommige van die hoofkarakters se lewens. Jan Horn reël ’n vergadering wat ’n gefladder afgee.
Season 1 / Episode 23 5 min

Môregloed - Episode 24

Iemand daag onverwags en ongenooid by Jan Horn se vergadering op en dit het gevolge. Theuns Malan en sy halfbroer, Eben de Jager, kom nog steeds nie klaar nie. Waaroor gaan die geveg hierdie keer?
Season 1 / Episode 24 6 min

Môregloed - Episode 25

Klein Maggie Kotze se tekening vertel ’n veelseggende storie: van kindertjies wat sonder skooltassies by die skool opdaag en ’n kind wat van haar skoolkos in ’n plastieksak krap om dit huis toe te vat. Hoe kan Aletta de Jongh anderpad kyk met hierdie inligting?
Season 1 / Episode 25 6 min

Môregloed - Episode 26

’n Verdwaalde motor laat Theuns Malan met baie onbeantwoorde vrae. Wie se motor is dit? Wie het dit parkeer, die sleutels in die motor gelos en weggestap… in Suid-Afrika van alle plekke.
Season 1 / Episode 26 5 min

Môregloed - Episode 27

Theuns Malan kry nie rigting nie. Hy word volledig ingelig oor die geskiedenis van die rooi motor. Maar deur wie? Vir wie het Simon Setúke eers gewerk? En wat het in die hospitaal gebeur?
Season 1 / Episode 27 5 min

Môregloed - Episode 28

Soms staan die wêreld met sy gatkant na jou toe. So gaan dit met Eben de Jager. En hoe Eben ook al verduidelik, sake word net erger. Dis of dié donker wolk nie vir ’n silwer randjie bestem is nie.
Season 1 / Episode 28 5 min

Môregloed - Episode 29

Om iets goeds te doen is nie noodwendig altyd die regte ding om te doen nie. Griet Kotze sukkel om dit te verstaan. Iets dramaties gebeur wat Patricia de Villiers se geloof tot die uiterste toe beproef.
Season 1 / Episode 29 6 min

Môregloed - Episode 30

Theuns Malan was reg: Die polisie-adjudant is nog lank nie klaar met Eben de Jager nie. Behoort die hare in die rooi motor aan die ontvoerde Monique Daniels? Elmari de Jongh word tot in haar fondament geskok.
Season 1 / Episode 30 6 min

Môregloed - Episode 31

Elmari de Jongh en Theuns Malan teoretiseer fluks oor die skokkende ontdekking op Touch of Lavender. Hulle kom gou agter hulle beskik oor heeltemal te min feite om tot ʼn sinvolle gevolgtrekking te kom. Die lastige polisie-adjudant duik weer op, met rede.
Season 1 / Episode 31 6 min

Môregloed - Episode 32

Die adjudant werk Eben de Jager se gal en sy prokureur moet bont staan. Griet Kotze is nie gelukkig oor die verloop van sake nie. Veral nie as sy nóg slegte nuus hoor nie.
Season 1 / Episode 32 6 min

Môregloed - Episode 33

Aletta de Jongh ontmoet uiteindelik vir Anton de Villiers. Sy is verbaas hoe goed die jong man haar familie ken. Patricia de Villiers is nou maar eenmaal net te nuuskierig van geaardheid. Sy bearbei Aletta om haar geheime met haar te deel.
Season 1 / Episode 33 6 min

Môregloed - Episode 34

Elmari Neethling weet nie aldag mooi hoe sy dit met Jan Horn het nie. Sy weet ook nie of Jan Horn of die polisie-adjudant haar die meeste grys hare gee nie. Hoekom is Patricia de Villiers so hewig ontsteld?
Season 1 / Episode 34 6 min

Môregloed - Episode 35

ʼn Gebeurtenis laat Patricia de Villiers voel soos toe haar seun, Anton, tronk toe is. Sy bid, belowe allerhande goed en huil, maar dis asof sy geen antwoord en rigting kry nie.
Season 1 / Episode 35 6 min

Môregloed - Episode 36

Griet dink daar kan niks verkeerd wees om ʼn pienk melkskommel saam met ʼn vierjarige dogtertjie te sit en drink nie. Maar, soos Eben de Jager sê, Griet se opinie tel nie. Dis wat Jan Horn, die Helpende Gemeenskapsraad en die polisie daarvan dink.
Season 1 / Episode 36 6 min

Môregloed - Episode 37

Dis soms moeilik om agter te kom of Griet Kotze knak onder die druk en of sy net daarop uit is om die stelsel te takel. Eben de Jager weet nie vorentoe of agtertoe tussen Griet en die omgesukkelde polisie-adjudant nie.
Season 1 / Episode 38 5 min

Môregloed - Episode 38

Daar is ʼn losprys op die kleine kop van Monique Daniels. D-dag vir die betaling daarvan kruip vinnig nader. Gaan die losprys betyds betaal word?
Season 1 / Episode 38 6 min

Môregloed - Episode 39

Dit is tog of daar ʼn periode van harmonie en vrede vir die halfbroers Eben de Jager en Theuns Malan aanbreek. Maar dis nie die einde van hulle bekommernisse nie. Met wat kom Griet Kotze by die woonwa aan wat die onrus opnuut in Eben se bors stook?
Season 1 / Episode 39 6 min

Môregloed - Episode 40

Beulah Daniels hanteer D-dag nie goed nie. Patricia de Villiers haas haar om haar vriendin by te staan maar loop self teëspoed op die lyf. Is iemand besig om Patricia te teiken?
Season 1 / Episode 40 6 min
20 – 40