Maroela Media Môregloed

Môregloed

Môregloed is 'n radiovervolgverhaal wat swaarbelaai is met temas soos familie-intriges, vasbyt en deernis, 'n stryd om te oorleef, kinderontvoering en pleegsorg, die vernietigende effek van dwelms en die ewige soeke na môre – alles opgedis met 'n goeie skoot humor.

Theuns Malan - Anton Dekker
Eben de Jager - Antowan Nöthling
Griet Kotze - Sulette Thompson
Patricia de Villiers - Esmeralda Bihl
Elmari Neethling - Su-an Müller-Marais
Aletta - Bettie Kemp

Vervaardiger: Bettie Kemp
Klanktegnikus: Marius Vermaak
Skrywer: Joe Kleinhans
Afrikaans Read by Bettie KempSouth Africa Performing Arts · Kids & Family Narrated by Bettie Kemp
120 Episodes
40 – 60

Môregloed - Episode 41

Dis vanaand Elmari Neethling se beurt om te kook ... met verrassende resultate. Dit gee haar en haar ma, Aletta de Jongh, kans om saam op die ver paaie van gister te loop. Waar draai hulle en met watter ontdekkings?
Season 1 / Episode 41 6 min

Môregloed - Episode 42

Dit is ʼn bedrywige Saterdagmiddag. Waarheen is Aletta de Jongh en Griet Kotze op pad? Waarheen sleep Theuns Malan vir Eben de Jager? Om wat te doen?
Season 1 / Episode 42 5 min

Môregloed - Episode 43

Wie besoek Beulah Daniels in die Denmar- psigiatriese hospitaal? Watter onaangename verrassing wag op Eben de Jager? Dis nie aldag dat Elmari Neethling vir Theuns Malan vir middagete nooi nie. Maar daar is ʼn spesiale rede vir die uitnodiging.
Season 1 / Episode 43 6 min

Môregloed - Episode 44

Wie help vir Griet Kotze om uit die groef te kom waarin sy geval het? Hoe word sy gehelp? Die rooi motor maak weer sy verskyning met nog meer probleme.
Season 1 / Episode 44 6 min

Môregloed - Episode 45

Waaroor is Griet Kotze so ontsteld? Sy is nie die enigste persoon nie. Wat lewer ʼn familie-album op? Iemand word onkant daarmee betrap.
Season 1 / Episode 45 6 min

Môregloed - Episode 46

Wie gaan kuier vir Jan Horn en hoekom? Elmari Neethling is steeds ontstoke oor die wiele wat gesteel is. Sy begin twee en twee bymekaar tel en kom tot ’n onrusbarende slotsom.
Season 1 / Episode 46 7 min

Môregloed - Episode 47

Aletta de Jongh het ’n spesiale versoek. En sy gee ’n nuwe resep vir Hulphemel. Theuns Malan en sy prokureur besoek Anton de Villiers in die Baviaanspoort gevangenis. Maar dié besoek het ’n nadraai.
Season 1 / Episode 47 6 min

Môregloed - Episode 48

Elmari Neethling loop Theuns Malan storm oor wat in Baviaanspoort gevangenis gebeur het. Griet Kotze kry ’n onverwagse besoeker en Eben de Jager hou glad nie daarvan toe hy dit uitvind nie. Hy is hoogs bekommerd daaroor.
Season 1 / Episode 48 7 min

Môregloed - Episode 49

Die man met die lelike litteken oor die wang raak toenemend bedrywig. Hoe hard Eben de Jager sy kop ook al breek oor gebeure, hy kan nie verstaan wat besig is om te gebeur nie. Dit dryf hom teen die mure uit.
Season 1 / Episode 49 6 min

Môregloed - Episode 50

Die man met die litteken maak ’n nuwe skuif. Dis duidelik wie hy in sy visier het. Maar dis nie duidelik wat hy in die mou voer nie. En dit gooi Eben de Jager en Theuns Malan.
Season 1 / Episode 50 6 min

Môregloed - Episode 51

Hoe weemoedig tog die hartseer van ’n moeder. Patricia de Villiers se hart breek vir haar seun, Anton. Sy kan nie aanvaar hy is krimineel nie.
Season 1 / Episode 51 6 min

Môregloed - Episode 52

Die verlede het soms ’n nuk om onverwags sy verskyning te maak en by die mens te spook. Vra maar vir Aletta de Jongh. Sy sal jou vertel hoe seer dit is. En hoe dit aan jou verkeerde kant kan krap.
Season 1 / Episode 52 6 min

Môregloed - Episdoe 53

Theuns Malan is vroegoggend op ’n missie. Hy loop hom onverwags in Aletta de Jongh vas en buitengewone versoeke is skielik aan die orde van die dag.
Season 1 / Episode 53 6 min

Môregloed - Episode 54

Tyd snel verby. Dis drie weke later en Anton is gesond. Patricia de Villiers is dankbaar maar nie opgewonde nie. Hoekom nie? Aletta kook ’n spesiale ete. Vir wie? En toe vra sy die vraag waarmee sy weke lank rondloop.
Season 1 / Episode 54 7 min

Môregloed - Episode 55

Eben de Jager kry goeie nuus. Theuns Malan word vir ete genooi en goed geroskam. Theuns en Eben ontmoet mekaar soos spioene in ’n park. Hoekom juis daar?
Season 1 / Episode 55 6 min

Môregloed - Episode 56

Griet Kotze sukkel om haar kop positief gedraai te kry. Elmari Neethling neem ’n besluit oor Hadida Security Services wat ʼn gefladder veroorsaak.
Season 1 / Episode 56 7 min

Môregloed - Episode 57

Volgehoue probleme veroorsaak dat Eben de Jager en Theuns Malan meer na mekaar uitreik. Hoekom sit Griet Kotze skielik sonder haar kar?
Season 1 / Episode 57 6 min

Môregloed - Episdoe 58

Patricia de Villiers stop in die Menlyn Mall en kry ’n onaangename verrassing. Aletta de Jongh lig vir Theuns Malan in oor Arnoldus de Jongh se testament. ʼn Sleutelkarakter raak skielik soek.
Season 1 / Episode 58 6 min

Môregloed - Episode 59

Eben de Jager moet vir die vale verduidelik. Hoekom kom hy met verskillende weergawes vorendag? Wie daag nie vir ’n afspraak op nie?
Season 1 / Episode 59 6 min

Môregloed - Episode 60

Hoekom heers daar ’n verslaentheid by Môregloed kleuterskool? Eben de Jager haal alles uit om in iemand se goeie boekies te kom. Daar wag ’n “verrassing” op Eben en Griet by hulle karavaan.
Season 1 / Episode 60 6 min
40 – 60