Maroela Media Môregloed

Môregloed

Môregloed is 'n radiovervolgverhaal wat swaarbelaai is met temas soos familie-intriges, vasbyt en deernis, 'n stryd om te oorleef, kinderontvoering en pleegsorg, die vernietigende effek van dwelms en die ewige soeke na môre – alles opgedis met 'n goeie skoot humor.

Theuns Malan - Anton Dekker
Eben de Jager - Antowan Nöthling
Griet Kotze - Sulette Thompson
Patricia de Villiers - Esmeralda Bihl
Elmari Neethling - Su-an Müller-Marais
Aletta - Bettie Kemp

Vervaardiger: Bettie Kemp
Klanktegnikus: Marius Vermaak
Skrywer: Joe Kleinhans
Afrikaans Read by Bettie KempSouth Africa Performing Arts · Kids & Family Narrated by Bettie Kemp
120 Episodes
60 – 80

Môregloed - Episode 61

Theuns Malan maak ʼn goeie bottel rooiwyn oop. Die wyn begin praat en hy bring sy geliefde Tersia op hoogte van die jongste gebeure in sy lewe.
Season 1 / Episode 61 7 min

Môregloed - Episode 62

Op die vooraand van Griet Kotze en Eben de Jager se eerste besoek onder toesig aan hulle dogtertjie Maggie, stamp die twee gesellig koppe. Hoe lyk dit of die besoek op ʼn ramp afstuur? Eben kry ʼn groot verrassing.
Season 1 / Episode 62 6 min

Môregloed - Episode 63

Patricia de Villiers se verdwyning maak meer as een van haar vriendinne morbied. Elmari Neethling kan nie langer sit en niks doen nie. Sy besluit om in te spring en dinge te laat gebeur.
Season 1 / Episode 63 7 min

Môregloed - Episode 64

Theuns Malan vra vir nog ʼn parkgesprek. Wat jaag hom? Vir wie het Simon Setúke gebel toe hy in die hospitaal was om sy motor vir hom te bring? Met watter skokkende nuus kom Griet Kotze vorendag?
Season 1 / Episode 64 5 min

Môregloed - Episode 65

Elmari Neethling wil ʼn kontrak hernieu. Aletta de Jongh besluit om op haar eie manier na Patricia de Villiers te soek. Waarop kom sy af?
Season 1 / Episode 65 6 min

Môregloed - Episode 66

Sake verloop nie soos Griet Kotze hoop dit moet nie. Maar sy is nie die enigste een wat ʼn versterking nodig het nie. Aletta de Jongh word self verras. Wat veronderstel was om ʼn mooi dag te wees, eindig met ʼn wanklank.
Season 1 / Episode 66 7 min

Môregloed - Episode 67

Lionel Peters bly bedrywig en hy gee duidelik nie maklik bes nie. Daar kan met reg gevra word wat sy agenda eintlik is. Watter kontrakte word alles onderteken?
Season 1 / Episode 67 6 min

Môregloed - Episode 68

Dis ʼn bedrywige Saterdag en weer tyd vir Griet Kotze se volgende besoek aan die kopdokter. Wie trek die metropolisie van die pad af? Iemand beland in die hospitaal.
Season 1 / Episode 68 6 min

Môregloed - Episode 69

Theuns Malan kom op ʼn belangrike nuwe feit af. Met wie deel hy dit? Aletta de Jongh geniet haar nuwe motor. Sy val in die pad en ry na ʼn vreemde bestemming, met ʼn rede.
Season 1 / Episode 69 6 min

Môregloed - Episode 70

Lionel Peters weier om bes te gee oor sy fabriek in Rosslyn, Pretoria. Hy werk onverpoos aan ʼn paar sake wat noodwendig eers in plek moet wees voor dinge kan gebeur. Wie werk tans in dié fabriek in Rosslyn? Wie doen ʼn ondersoek ter plaatse?
Season 1 / Episode 70 6 min

Môregloed - Episode 71

Hoe hanteer Theuns Malan die misdaadtoneel en watse onthullings doen hy terwyl hy daar is? Elmari Neethling is vas van plan om haar werkerskorps ʼn goed opgeleide korps te maak. Sy tree doelgerig op om dit te verwesenlik. Wie help haar daarmee?
Season 1 / Episode 71 6 min

Môregloed - Episode 72

Eben de Jager maak vir ʼn slag sy bors goed skoon. Hy is in die proses ʼn bietjie moedswillig ook. Die onvoorspelbare Griet Kotze doen weer die onverwagse. Wat vang sy dié keer aan?
Season 1 / Episode 72 6 min

Môregloed - Episode 73

Elmari Neethling is op ʼn missie. Sy het ʼn blink plan. Wie loop sy storm daarmee? Maar die dag het ʼn lelike nadraai vir haar. Hoekom?
Season 1 / Episode 73 6 min

Môregloed - Episode 74

Madame Tomorrow van Cullinan is nie skaam om die toekoms te voorspel nie. Griet Kotze is baie ongelukkig omdat Aletta de Jongh haar nie saamgevat het soontoe nie. Veral nie omdat dit boonop lyk of sommige van Madame se voorspellings begin waar word nie.
Season 1 / Episode 74 7 min

Môregloed - Episode 75

Die vraag kan met reg gevra word of Michael Daniels regtig sy dogter, Monique Daniels, ontvoer het soos beweer word. Wat doen Lionel Peters om sy susterskind op te spoor? Griet Kotze word by die haarkappersalon verras. Dit gee haar baie stof tot nadenke.
Season 1 / Episode 75 6 min

Môregloed - Episode 76

Lionel Peters steek ʼn vuur aan die brand wat tot ʼn hewige argument aanleiding gee. Elmari Neethling voel genoodsaak om as vredemaker op te tree. Maar maklik is dit gewis nie.
Season 1 / Episode 76 6 min

Môregloed - Episode 77

Theuns Malan voel dis nodig om ʼn sekere hok ʼn goeie skud te gee om te sien wat daaruit spring. Die buitegeboue op die grond wat Arnoldus de Jongh destyds gekoop het, is weer ter sprake. Theuns Malan kry die wind van voor.
Season 1 / Episode 77 6 min

Môregloed - Episode 78

Eben de Jager kan nou maar net nie aan Griet Kotze se regte kant kom nie. Dis asof hy aanmekaar die verkeerde ding sê en doen. Maar daar is meer sake as Griet wat vandag in sy kop woel. Hy voel dis tyd om op te tree.
Season 1 / Episode 78 6 min

Môregloed - Episode 79

Skokkende inligting oor Monique Daniels se ontvoering kom aan die lig. Wie is verdagte nommer een? Aletta de Jongh word tot in haar fondamente geskud. Dit word ʼn dag wat sy nie gou sal vergeet nie.
Season 1 / Episode 79 6 min

Môregloed - Episode 80

Nog ʼn verdwyning skud almal. Wie raak tussen neus en ore soek? Volgens Madame Tomorrow is dit nog nie naastenby die einde van die slegte nuus nie.
Season 1 / Episode 80 6 min
60 – 80