Maroela Media Môregloed

Môregloed

Môregloed is 'n radiovervolgverhaal wat swaarbelaai is met temas soos familie-intriges, vasbyt en deernis, 'n stryd om te oorleef, kinderontvoering en pleegsorg, die vernietigende effek van dwelms en die ewige soeke na môre – alles opgedis met 'n goeie skoot humor.

Theuns Malan - Anton Dekker
Eben de Jager - Antowan Nöthling
Griet Kotze - Sulette Thompson
Patricia de Villiers - Esmeralda Bihl
Elmari Neethling - Su-an Müller-Marais
Aletta - Bettie Kemp

Vervaardiger: Bettie Kemp
Klanktegnikus: Marius Vermaak
Skrywer: Joe Kleinhans
Afrikaans Read by Bettie KempSouth Africa Performing Arts · Kids & Family Narrated by Bettie Kemp
120 Episodes
80 – 100

Môregloed - Episode 81

Eben de Jager voel dis twee tree vorentoe en drie tree agteruit. Almal gis oor Beulah Daniels. Gaan die GPS die broodnodige leidrade verskaf of was dit tydmors?
Season 1 / Episode 81 6 min

Môregloed - Episode 82

Lionel Peters het net te veel skokgolwe losgemaak met sy skielike mededelings dat Elmari Neethling dit net so kan laat verbygaan. Wat doen sy? Aletta de Jongh loop met ʼn ding wat haar bly pla. Wat is dit?
Season 1 / Episode 82 6 min

Môregloed - Episode 83

Sally Horn kan nie Vrydag se tweede besoek-onder-toesig bywoon nie en dít sorg vir groot drama. Maar dis nie die enigste drama nie. Die rook trek behoorlik uit Elmari Neethling se ore van beneuktheid.
Season 1 / Episode 83 6 min

Môregloed - Episode 84

Elmari Neethling loop iemand storm en die twee verskil hewig. Waaroor? ʼn Familie-album word opnuut nader getrek en lewer meer vrae as antwoorde op.
Season 1 / Episode 84 6 min

Môregloed - Episode 85

Daar is ʼn Maleise spreekwoord wat lui: ʼn Skinderpraatjie is soos ʼn eier – as dit uitgebroei het, kry dit vlerke. Lionel Peters stook doelbewus kwaad en dié kwaadstokery kry vlerke.
Season 1 / Episode 85 6 min

Môregloed - Episode 86

Eben de Jager soek ʼn skouer om op te leun. Hy doen sy bes om ʼn oplossing vir Griet se netelige situasie te beding. Maar sake neem ʼn skokkende wending ... iets wat Eben in sy wildste drome nie sien kom het nie.
Season 1 / Episode 86 6 min

Môregloed - Episode 87

Drie verslae mense staan buite die polisiestasie en wag vir nuus. Theuns Malan ontbied dringend sy prokureur. Dit word ʼn lang nag met ʼn nare nadraai.
Season 1 / Episode 87 6 min

Môregloed - Episode 88

Aletta de Jongh besluit sy staan nie hierdie keer op die kantlyn nie. Sy gaan voluit om te help. Wat doen sy? Theuns Malan is ietwat gegooi deur die jongste verwikkelinge.Tot wie wend hy hom?
Season 1 / Episode 88 6 min

Môregloed - Episode 89

Theuns Malan word by sy huis verras en dis een lang pynlike gesprek. Die GPS lewer ʼn warm leidraad op. Nog ʼn losprys moet om middernag betaal word.
Season 1 / Episode 89 6 min

Môregloed - Episode 90

Theuns kry op nommer nege-en-negentig ʼn onverwagse besoeker. Nog nooit was ʼn middernag so spanningsvol nie. Maar die nag het ʼn lelike nadraai.
Season 1 / Episode 90 7 min

Môregloed - Episode 91

Eben de Jager loop met ʼn skuldgevoel rond wat hom wil opvreet van binne af. As hy maar net nie op daardie kritieke oomblik gebel het nie, was dinge nou soveel anders. Die skuldgevoel dryf hom teen die mure uit.
Season 1 / Episode 91 6 min

Môregloed - Episode 92

Daar is ʼn Deense spreekwoord: Mens moet goeie vingers hê om ʼn wrok wortel en tak uit te trek. Dit neem Lionel Peters slegs ʼn enkele paar goedberekende sinne en ʼn foto om Eben de Jager se skuldgevoel om te keer in ʼn wrok met diep wortels.
Season 1 / Episode 92 6 min

Môregloed - Episode 93

Theuns Malan en Elmari Neethling is verslae oor die gemak waarmee Lionel Peters dit regkry om met Eben de Jager se kop te smokkel. Die buitegebou met die wag voor die deur lewer ʼn groot verrassing op. Die ontvoerder maak weer kontak en Theuns Malan besef meer as ooit tevore:…
Season 1 / Episode 93 6 min

Môregloed - Episode 94

Dit word ʼn lang, senutergende nag vol verrassings. Wie het Maggie ontvoer? Oorleef sy die ontbering? Wie sterf?
Season 1 / Episode 94 7 min

Môregloed - Episode 95

Lionel Peters is op ʼn missie. Wat is die man se agenda? Maar as jy loop en uitdeel, moet jy seker ook bereid wees om te vat wat na jou kant toe kom. Wie loop Lionel storm? En waarmee?
Season 1 / Episode 95 6 min

Môregloed - Episode 96

Eben de Jager worstel by Griet se hospitaalbed. Patricia besoek haar seun Anton in die gevangenis. Die besoek verloop nie soos sy gehoop het nie. Die dag het ʼn lelike nadraai vir haar.
Season 1 / Episode 96 7 min

Môregloed - Episode 97

Lionel Peters kry ʼn onverwagse aanbod. En Môregloed Kleuterskool kry ʼn nuwe juffrou met ʼn geskiedenis. Waaroor is Patricia de Villiers so hewig ontsteld?
Season 1 / Episode 97 6 min

Môregloed - Episode 98

ʼn GPS kan baie nuttig in strafregtelike sake gebruik word. Dit kan soveel verdoemende bewyse teen individue oplewer. ʼn Artikel verskyn na aanleiding van inligting wat van ʼn GPS afgetrek is – en dis verstommend.
Season 1 / Episode 98 7 min

Môregloed – Episode 99

Watter belangrike feit los Theuns Malan doelbewus uit sy artikel? Dit lyk of iemand toegang tot Patricia se huis gehad het ... wie anders het haar huissleutels en wat maak die ongenooide besoeker daar?
Season 1 / Episode 99 7 min

Môregloed – Episode 100

Die ambulans jaag deur die strate van Pretoria. Met wie? Hoekom glo Elmari nie vir Lionel Peters nie? Lionel boul Patricia de Villiers uit met ʼn opslagbal.
Season 1 / Episode 100 7 min
80 – 100