Maroela Media Môregloed

Môregloed

Môregloed is 'n radiovervolgverhaal wat swaarbelaai is met temas soos familie-intriges, vasbyt en deernis, 'n stryd om te oorleef, kinderontvoering en pleegsorg, die vernietigende effek van dwelms en die ewige soeke na môre – alles opgedis met 'n goeie skoot humor.

Theuns Malan - Anton Dekker
Eben de Jager - Antowan Nöthling
Griet Kotze - Sulette Thompson
Patricia de Villiers - Esmeralda Bihl
Elmari Neethling - Su-an Müller-Marais
Aletta - Bettie Kemp

Vervaardiger: Bettie Kemp
Klanktegnikus: Marius Vermaak
Skrywer: Joe Kleinhans
Afrikaans Read by Bettie KempSouth Africa Performing Arts · Kids & Family Narrated by Bettie Kemp
120 Episodes
100 – 120

Môregloed – Episode 101

Lionel Peters is steeds op ʼn missie. Hierdie keer druk hy vir Theuns Malan in ʼn hoek en gooi ʼn reuseknuppel in sy spreekwoordelike hoenderhok. Onverwagse dinge gebeur by die Touch of Lavender-fabriek ... en sake loop skeef vir Theuns.
Season 1 / Episode 101 7 min

Môregloed – Episode 102

Dit lyk of die duiwel los is. Met wie jaag die ambulans nog eens deur die strate van Pretoria? Wat gebeur met Lionel Peters se sekretaresse, miss Potter? Die aand het nog ʼn skokkende en lelike nadraai.
Season 1 / Episode 102 6 min

Môregloed – Episode 103

Aletta de Jongh help Eben de Jager om in sy nuwe huis in te trek. Sy kom op iets af wat vir haar verdag voorkom. Wie beland in die hospitaal? Die dag lewer nog ʼn skok op.
Season 1 / Episode 103 7 min

Môregloed - Episode 104

Hoekom is Anton de Villiers regtig tronk toe? Met watter sleutelpersoon het sy paaie gekruis voordat hy tronk toe is? Wie begin haar lyf pure speurder hou?
Season 1 / Episode 104 7 min

Môregloed – Episode 105

Nes jy dink jy het alles beleef waarmee Lionel Peters vorendag kan kom, verras hy jou nog eens. Elmari Neethling besluit om meer aanvallend te wees. Dit word ʼn dag wat Eben de Jager nie gou sal vergeet nie.
Season 1 / Episode 105 7 min

Môregloed - Episode 106

Die buitegeboue op Elmari Neethling se ekstra stuk grond spook skielik weer by haar. Dis erger nadat Eben de Jager rottegif op sy plafon gooi en op iets afkom.
Season 1 / Episode 106 7 min

Môregloed - Episode 107

Theuns Malan se motorfiets brul weer, maar hierdie keer ry hy nie alleen nie. ʼn Posbussleutel is skielik kritiek belangrik. Vir wie?
Season 1 / Episode 107 7 min

Môregloed - Episode 108

Binne die raamwerk van al die onlangse raaiselagtige gebeure begin drie woorde uitstaan: Moord, Posbus en Beulah. Patricia de Villiers word tot in haar fondamente geskud.
Season 1 / Episode 108 6 min

Môregloed - Episode 109

Lionel Peters se planne ken geen perke nie. ʼn Mens kan maar net wonder wat sy agenda alles behels. Niks stuit hom nie. Hy stoomroller net voort met die een plan ná die ander. Eben de Jager word met ʼn voorstel gekonfronteer wat hom gooi.
Season 1 / Episode 109 7 min

Môregloed - Episode 110

Dit voel kompleet vir Aletta de Jongh of sy deesdae meer tyd in hospitale as by haar woonstel deurbring. En die onheil wil nie wyk nie. Trouens, vir haar is dit of die onheilswolke dikker en dikker saampak, nes Madame Tomorrow voorspel het.
Season 1 / Episode 110 6 min

Môregloed - Episode 111

Daar is ʼn Hongaarse spreekwoord: Hy wat gif verkoop, gebruik ʼn fleurige uithangbord. Hierdie keer is daar ʼn pragtige woonstel by die see op Lionel Peters se fleurige uithangbord.
Season 1 / Episode 111 7 min

Môregloed - Episode 112

Aletta de Jongh se gereelde uitstappie na Waverley se mark-in-die- park word deur ʼn onverwagse besoeker deurmekaargekrap. Sy hoor ʼn greep uit die verlede wat haar onkant betrap en haar dag bederf.
Season 1 / Episode 112 6 min

Môregloed - Episode 113

Die gif wat Lionel Peters mee rondloop en kwistig uitdeel, het ʼn verwoestende invloed op sekere verhoudinge. Is dit omdat dit die waarheid is?
Season 1 / Episode 113 7 min

Môregloed - Episode 114

Die vrae stapel op: Hoe het Jasper Neethling twee jaar gelede gesterf? Wie was almal die aand daar toe dit gebeur het? Was dit moord of selfmoord? Wat het met Monique Daniels gebeur?
Season 1 / Episode 114 6 min

Môregloed - Episode 115

Interessant hoe nuttig vyf koopbewyse skielik te pas kom. Waar gaan Sally Horn intrek sodra sy uit die hospitaal kom? Wie gaan almal Saterdag op ʼn uitstappie na die dieretuin en hoekom?
Season 1 / Episode 115 6 min

Môregloed - Episode 116

Die besoek aan die dieretuin het ʼn onverwagse nadraai. Sally word eers laat uit die hospitaal ontslaan. Dit noodsaak ʼn paar noodmaatreëls met noodlottige gevolge.
Season 1 / Episode 116 7 min

Môregloed - Episode 117

ʼn Tragedie ruk almal diep, veral vir Eben de Jager. Hy glo niks gaan ooit weer dieselfde wees nie. Alles is eenvoudig flenters. Wie word in hegtenis geneem?
Season 1 / Episode 117 7 min

Môregloed - Episode 118

Griet Kotze het finaal besluit oor haar toekoms. Wie help haar? Eben de Jager kry nog ʼn aanbod. ʼn Groot tjek word uitgeskryf. Wie neem dit in ontvangs?
Season 1 / Episode 118 6 min

Môregloed - Episode 119

Daar’s ʼn spreekwoord: Verdriet is soos ʼn kosbare skat – mens wys dit net voor vriende. Griet Kotze gooi haar seer oop en deel dit met haar vriende. Dit word die dag van klein harte.
Season 1 / Episode 119 8 min

Môregloed - Episode 120 (Slot)

Dis tyd vir antwoorde. Al wat saak maak, is die feite op die tafel. Dis immers al wat enige hof sal aanvaar. Maar soms wil die waarheid nie gesê word nie. En soms maak dit deksels seer.
Season 1 / Episode 120 8 min
100 – 120