Die Namibiese Lughawensmaatskappy sê noodmaatreëls is aan die gang om die druk op die voorraad van stralerbrandstof by Hosea Kutako Internasionale Lughawe te versag. Woordvoerder Dan Kamati bevestig dat lughawebedrywighede vir eers onaangeraak bly, hoewel reisigers aangemoedig word om vlugskedules direk by hul lugdienste te verifieer as 'n voorsorgmaatreël.
President Donald Trump sê Amerika het “ʼn baie regverdige” handelsooreenkoms met Kanada bereik. Onderhandelaars het gister vergader nadat Trump die instelling van 50-persent-tariewe op ʼn reeks Kanadese produkte voorlopig uitgestel het. Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê hulle werk aan ʼn ooreenkoms waar die beste bepalings ingesluit word by…
Die Motorbedryf-personeelvereniging doen 'n beroep op dringende optrede om dodelike klipgooiery op motoriste te verhoed. Dit volg na die dood van 'n vrou wat deur 'n groot klip getref is terwyl sy onder 'n brug op die R24 in Bedfordview, Johannesburg, gery het. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging doen 'n…
Die nuut-ondertekende memorandum van verstandhouding tussen die Namibiese Nasionale Studente-organisasie en die Namibiese Nasionale Onderwysersunie, Nantu, is daarop gemik om samewerking op skoolvlak te verdiep. Nanso-president Dorthea Nangolo sê dit verseker dat Nantu-onderwysers studenteleiers oplei en lei, terwyl 'n gesamentlike navorsingseenheid gestig word om te verseker dat alle voorspraak beleidsgedrewe…
Die Wes-Kaapse regering sê 82 persent van die provinsie veekudde is teen bek-en-klouseer ingeënt. Byna 480 000 entstofdosisse is aan kommersiële en bestaansveeboere in alle distrikte toegedien. Dit is gedoen om boere, werkgeleenthede, voedselsekerheid en die provinsie se landbou-ekonomie te beskerm. Die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan…
Die Internasionale Federasie van Motorfietsry, FIM, se Motocross of African Nations vind op volgende naweek op die Gallina-baan net noord van die hoofstad plaas. Dit kom na Namibië verlede jaar in Zimbabwe toegewys is as vanjaar se gasheer. Nagenoeg 180-plus ryers van 10 lande neem deel. Namibië se eie motocross-veteraan…
Duisende agterplaasplakkers in Walvisbaai wag steeds vir huise, terwyl burokrasie die 33-hektaar Farm 37-behuisingsprojek vertraag. Alhoewel 75 miljoen Namibiese dollar in Julie 2025 vir die eerste fase opsy gesit is, bly vordering vasgevang in dorpsgoedkeuring. Kosmos 94.1 Nuus het met Walvisbaai-gemeenskapsaktivis Deriou Benson gepraat wat dringende ingryping versoek.
Die Namibiese Kuberveiligheid-voorvalreaksiespan doen 'n beroep op organisasies om verouderende digitale sekuriteitsgapings reg te stel. Cran se woordvoerder, Mufaro Nesongano, waarsku dat kuberkrakers toenemend 'n 20 jaar oue tegniek, bekend as "Structured Query Language Injection", gebruik om webwerwe te mislei om beskermde databasisse bloot te stel. Deur skadelike opdragte in…
Plaaslike vrugtepryse styg skerp, met die jongste syfers van die Namibiese Statistieke-agentskap wat 'n toename van 15,3 persent vanaf die vorige maand toon. Kosmos 94.1 Nuus het met die Akkerbouraad se bestuurder vir Tuinbou-ontwikkeling, Emilie Abraham, gesels oor pogings om plaaslike vrugteproduksie te bevorder. Sy sê 'n nuwe vrugte-ontwikkelingsubsidieskema help…
Amerikaanse president Trump het aan verslaggewers buite die Withuis gesê dat die VSA baie skepe het wat deur die Straat van Hormuz beweeg, blykbaar met verwysing na berigte dat die Amerikaanse vloot gehelp het om olie veilig deur die seestraat te kry. Die New York Times het Woensdag berig sowat…
Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, het voor die Madlanga-kommissie getuig sy regspan het van die parlement geëis om bewerings terug te trek dat hy inligting oor sy problematiese skootrekenaar versin het. Voorsitter Mbuyiseli Madlanga het hom daaroor uitgevra. Adams het bevestig LP's kry drie toestelle, maar…
Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, vra 'n dringende gesprek tussen die bestuur en raad van die Kaapse Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie en studenteleiers. Gister se brandstigtingsvoorval op die kampus in Bellville het 'n algehele sluiting veroorsaak en koshuise is ontruim. Dit volg op betogings oor voorgestelde…
'n Lid van die Parlementêre Staande Komitee oor Armoede-uitwissing, Arbeid en Industriële Verhoudinge, Frederick Shitana, doen 'n beroep op landwye opvoedkundige veldtogte om swak werksomstandighede in die groothandel- en kleinhandelsektore aan te spreek. Shitana waarsku dat baie werkgewers en personeel net 'n basiese begrip van die Arbeidswet het, en dring…
Erongo-goewerneur Natalia |Goagoses eis aanspreeklikheid van die Hentiesbaai-munisipaliteit na die dood van 'n 78-jarige pastoor wat in 'n diep, oop rioolgat in die Omdel-gemeenskap geval het. Dit was nie afgebaken of gemerk nie. |Goagoses het die plaaslike owerheid gekritiseer vir swak veiligheidsmaatreëls en vertragings rondom 'n munisipale rioolprojek van 10…
Die hoof van die Stroomop Petroleum-eenheid in die Presidensie, Kornelia Shilunga, het bevestig dat vordering gemaak word met die finalisering van die land se olie- en gaswetgewende hervormings om duidelikheid vir beleggers te verseker. Shilunga het by die Namibië Olie- en Gaskonferensie en -expo gesê dat die staat ook meer…
Reaksie word ontvang op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se hernude oproep dat die land sy mineraalgebaseerde ekonomie moet benut deur die mynbousektor strategies te bestuur, om munt te slaan uit die SAOG-industrialiseringsprogram. Arbeidsdeskundige Herbert Jauch waarsku dat werkskepping nie opgeoffer moet word in die nastrewing van mynbou-geleide industrialisering nie. Hy merk…
'n Hermensliking- en repatriasieplegtigheid vir voormalige Namibiese politieke gevangenes op Robbeneiland en 84 voorvaderlike oorskot van Namibiese oorsprong is vandag by die Iziko Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad gehou. Die seremonie is die formele oorhandiging van die oorskot voor hul terugkeer Vrydag. Kultuurminister Sanet Steenkamp het die belangrikheid van tradisionele leierskap…
Rugby: Die All Blacks se verdedigingsafrigter, Tana Umaga, sê hulle kan nie bekostig om oorweldig te word deur die Springbokke se reuse-pak voorspelers en van hul agterlyn-bedreiging vergeet nie. Die eerste toets vind Saterdag op Ellispark plaas. Umaga is nou vir ses wedstryde in die rol en staan gemiddeld 23…
19 Aug 9AM
1 min
2240 – 2260
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.