‘n Ontleding deur Vision Africa toon dat die onder-19 Mans Krieket Wêreldbeker wat in Januarie en Februarie in die hoofstad plaasgevind het ‘n totale ekonomiese impak van 380,77 miljoen Namibiese dollar gehad het. Die verwagting is dat die Krieketwêreldbeker wat geskeduleer is om in Oktober en November 2027 in Suid-Afrika,…
Die gemeenskap in Aranos is opgewonde oor die nuwe ontwikkeling wat na die dorp kom. Van die baanbrekerswerk vir 'n splinternuwe sportfasiliteit tot die laaste dele van die N$1,2 miljard Gobabis-Aranos-pad, ondergaan die dorp 'n massiewe strukturele transformasie wat gemik is op werkskepping en streeksgroei. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Die amptelike opposisie, die IPC, het kritiek gelewer teen president Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om haar kabinet te vergroot deur 8 nuwe adjunkministers aan te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC-president Panduleni Itula gesels, wat sê hy was onkant betrap deur Donderdag se aanstellings, veral omdat Nandi-Ndaitwah aanvanklik…
Die voormalige tesourier-generaal van die ANC, Mathews Phosa, doen 'n beroep op 'n hersiening van die Grondwet in 'n poging om Suid-Afrika se kiesstelsel te herstruktureer. Hy pleit vir die regstreekse verkiesing van die president deur middel van 'n volkstemming deur burgers eerder as die huidige stelsel, waar die president…
Artemis II-ruimtevaarders aan boord van Orion het reeds tweederdes van hul reis na die maan voltooi, met ’n maanverbyvlug wat vir môre geskeduleer is. Teen bykans 3 300 km per uur, is die bemanning tans meer as 304 kilometer van die aarde af, met nog sowat 149 000 kilometer oor…
Die departement van water en sanitasie het gewaarsku teen godsdienstige en tradisionele rituele in riviere en damme, veral oor die Paastydperk, weens ernstige veiligheidsrisiko's en hoë besoedelingsvlakke. Kerke beskou riviere en damme as heilige plekke vir rituele, insluitend reiniging, gebed en om hul voorouers te kontak. Adjunkminister Sello Seitlholo het…
Terwyl Paasnaweek landwyd gevier word, word ons herinner om nie die ware boodskap van Paasfees te vergeet nie. Dit is die wederopstanding van Jesus Christus ná Hy vir ons sondes gesterf het. Kosmos 94.1 Nuus het met pastoor Brian Philander gepraat, wat 'n Paasfeesboodskap met luisteraars deel.
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die ANC bly oop vir samewerking met politieke partye wat daartoe verbind is om Suid-Afrika te dien. Hy het ná 'n Goeie Vrydag-diens wat gister deur die Amandla Ngawethu Universal Church by Ellis Park-stadion in Johannesburg aangebied is, met die media gepraat. Mashatile het beklemtoon dat…
Die vier ruimtevaarders aan boord Artemis II het die halfpadmerk tussen die aarde en die maan bereik, het Nasa Vrydagaand bevestig. Dit is die eerste maanreis sedert Apollo 17 in 1972. Die Orion-ruimtevaartuig sal ongeveer 6 400 km verby die maan reis voordat dit terugkeer, wat ongeëwenaarde beeldmateriaal van die maan…
Die Verenigde Nasies het die belangrikheid van die Golf-streek vir internasionale vrede en veiligheid en die noodsaaklike rol daarvan in die bestendigheid van die wêreldekonomie beklemtoon. Iran voer daagliks missiel- en hommeltuigaanvalle regoor die Midde-Ooste uit, insluitend Arabiese Golflande, sedert die VSA en Israel op 28 Februarie 'n oorlog teen…
Die Zambezi-streek worstel met ’n toename in malaria-voorvalle ná onlangse oorstromings, met meer as 12 000 bevestigde gevalle. Die gesondheidsministerie prioritiseer kwesbare groepe, insluitend kinders onder vyf, jongmense onder 15, en swanger vroue. Slegs 2 000 muskietnette is versprei, terwyl minstens 15 000 nodig is, sê Zambezi se gesondheidsdirekteur, Woita…
Die Wes-Kaapse regering het 15 miljoen rand toegewys vir die opgradering van die Nuweland-krieketveld en Bolandpark in die Paarl voor die 2027-Krieketwêreldbekertoernooi vir mans. Ooreenkomste is met krieketinstansies onderteken om befondsing af te handel. Die LUR, Ricardo Mackenzie, sê die belegging sal 'n hupstoot wees vir die ekonomie en werksgeleenthede,…
Oorstromings in die Zambezi-streek het ’n verwoestende impak op boerderygemeenskappe. Baie boere het reeds groot gedeeltes van hul oeste verloor, terwyl ander steeds in gevaar verkeer namate watervlakke aanhou styg en kommer oor voedselsekerheid toeneem. Regeringsamptenare, insluitend stedelike en landelike ontwikkelingsminister James Sankwasa, het Vrydag die weermag tydens ‘n lugopname…
Nampol het omvattende misdaadvoorkomingsoperasies vir Paasnaweek geïmplementeer, met die fokus op hoë polisiesigbaarheid, padveiligheid en die vermindering van kriminele aktiwiteite in al 14 streke. Nampol-woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê meer polisiepatrollies in gemeenskappe, sakegebiede en industriële sones sal ontplooi word om misdaad soos straatrooftogte en huisinbrake te bestry.
Die reëngordel wat die afgelope dae vir harde buie oor groot dele van die land sorg, beweeg suid. Meteoroloog Vilho Ndeunyema verwag ‘n sopnat Paasnaweek. //Kharasstreek moet hulle vir die “reëngebeurtenis van die jaar” voorberei, sê Ndeunyema:
Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Vervoer en Logistiek sê die jongste brandstofprysverhogings onderstreep die dringende behoefte om die land se logistieke wrywingspunte reg te stel. Albei grade petrol het met R3,06 per liter gestyg en beide grade diesel met tussen R7,37 en R7,51 per liter. Jonathan McDonald van die vereniging versoek…
Almal voel die knyp van die brandstofprysverhogings. Na 'n brandstofprysverhoging van N$2.50 vir petrol en N$4.00 vir diesel vir April, sê Yango-bestuurders dat hulle sukkel met bedryfskoste. Kosmos 94.1 Nuus het met sommige Yango-bestuurders gepraat wat sê die vaste tariefstrukture maak dit onvolhoubaar om te bedryf, met sommige wat sê…
Die kabinet het die hersiene Witskrif oor Burgerskap, Immigrasie en Vlugtelingbeskerming goedgekeur. Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê bestaande wette word in een raamwerk saamgevoeg om teenstrydighede te verwyder. Die beleid versterk visumhervormings, digitale stelsels en nasionale veiligheid, en die eerste veilige-land-beginsel word bekendgestel. Sy voeg by dit…
Die landbou-organisasie TLU SA sê die regering se bek-en-klouseer-entstofstrategie skiet tekort, aangesien slegs 'n enkelstam-entstof vervaardig word in plaas van die beplande trivalente weergawe. Die organisasie waarsku die beperkte uitrol, wat slegs 20 000 dosisse per week behels, beteken die risiko van infeksie duur voort en boere kan nog steeds…
Die Namibiese polisie sal patrollies, misdaadvoorkomingsoperasies en mobiele padversperrings vir Paasnaweek vanaf vandag tot Maandag verskerp, sê nasionale polisiewoordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi. Vervoerminister Veikko Nekundi het die publiek gemaan om veilig op die paaie te wees.
3 Apr 1AM
1 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.