Pogings om geslagsgeweld te bekamp duur plaaslik voort. Die One Economy-stigting het die #BeFreeBallers: Next Gen Men"-geleentheid in Windhoek aangebied om die Internasionale Dag van die Seun te vier. Plaaslike leiers, mentors en finansiële bestuurders het by die #BeFree Jeugkampus bymekaargekom om oop gesprekke met jong mans oor konstruktiewe manlikheid…
Die DA in Gauteng sê meer as 3 000 operasies is sedert Januarie verlede jaar by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg gekanselleer. Volgens die party is een uit elke vier geskeduleerde operasies afgelas, wat pasiënte met lang vertragings en groeiende agterstande laat. Jack Bloom van die DA sê…
Die DA in die Wes-Kaap doen 'n beroep op gemeenskappe om waaksaam te bly en misdadigheid by skole aan te meld. Dit volg na 'n toename in vandalisme en diefstal by skole regoor die provinsie, insluitend 'n onlangse inbraak by Sir Lowry's Pass Laerskool, waar die diefstal van toerusting en…
Terwyl Reuters berig dat China Rusland bystaan met die opleiding van soldate, meen kenners dat China ‘n fyn lyn stap om sy belange te balanseer – aan die een kant sy belangrike politieke vennoot Rusland, en sy ekonomiese belange in die Weste. Voormalige Britse ambassadeur in Rusland, sir Laurie Bristow,…
Kuba se ekonomie is lamgelê weens 'n Amerikaanse embargo op olie en ander middels teen die land. Namibië en Kuba het sterk bande weens Kuba se hulp tydens die onafhanklikheidstryd, en die Nasionale Vergadering het vroeër aangekondig hulle is besig met 'n nasionale solidariteitsplan om Kuba te help. Kritiek begin…
Die polisie het die twee tieners wat betrokke was by die noodlottige skietvoorval by die Islamitiese sentrum van San Diego geïdentifiseer as die 17-jarige Cain Clark en 18-jarige Caleb Vasquez. Vyf mense, insluitend die twee aanvallers, is Maandag in die voorval dood. Die verdagtes is in ʼn voertuig naby die…
Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, is bekommerd oor die spoed en omvang van die Ebola-epidemie in die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda. Daar was 131 sterftes wat met die uitbreking verband hou. Die WGO het die uitbreking tot 'n internasionale noodgeval verklaar. Ghebreyesus sê die aantal…
Die vakbond Solidariteit het president Cyril Ramaphosa se verdediging van swart ekonomiese bemagtiging in die mynbousektor gekritiseer. Die vakbond se nuwe verslag dui daarop dat die mynbousektor sedert 1994 aansienlik gekrimp het, met werkverliese en verminderde produksie. Hy voer aan die huidige transformasiebeleide beperk groei en belegging. Theuns du Buisson…
Wêreld-byedag word vandag gevier. Hierdie internasionale viering beklemtoon die kritieke rol wat bye en ander bestuiwers speel in die handhawing van biodiversiteit, die versekering van globale voedselsekerheid en die ondersteuning van volhoubare landbou. Dr. Baby Kuarivi van Unam en lid van die Namibiese Bye-organisasie verduidelik die belangrike rol van bye…
Die Stad Windhoek stel die publiek gerus dat die stad se water veilig is om te gebruik, nadat die lyk van Euhudt Timbo in die Stad se Gammams-afvalwaterbehandelingsaanleg beland het. Die afvalwater kom die aanleg deur die siftingsfase binne, wat die eerste stap in die behandelingsproses is waar groot vaste…
Die regering hoop om môre sowat 1,5 miljard Namibiese dollar by die mark te leen deur ‘n veiling van skatwissels wat deur die Bank van Namibië aangebied word. Die termyn van dié skuldbriewe wissel van net meer as drie maande tot net minder as ‘n jaar. Deur die skatwissel van…
Die DA is onthuts oor die ineenstorting van 'n beplande parlementêre portefeuljekomiteevergadering by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, waar die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, die parlement sou inlig oor Nsfas se plasing onder administrasie. Die vergadering kon nie voortgaan nie omdat die departement en Nsfas nie die…
Amerikaanse president Donald Trump het aan verslaggewers by die konstruksieterrein van sy beplande Withuis-balsaal gesê die geraamde 400 miljoen Amerikaanse dollar-projek sal bestand wees teen hommeltuie. 'n Militêre styl-kompleks word ook onder die fasiliteit gebou. Trump sê die balsaal word deur private skenkers gefinansier en is voor skedule. Die projek…
Meatco en die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkersunie, Nafau, het 'n gesamentlike afsluiting van loononderhandelinge vir die huidige en die 2027/2028 finansiële jare aangekondig. Die partye het 'n tweejaar-loonooreenkoms bereik, vir 'n 5 persent verhoging vanjaar en 'n 6,5 persent verhoging volgende jaar. Toelae word ook verhoog. Willem Absalom, die…
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou sê hy evalueer tans die beduidende uitwerking van die gure weersomstandighede wat die provinsie verlede week geteister het. 'n Reeks hewige kouefronte het gelei tot wydverspreide oorstromings, infrastruktuurskade en ontwrigting van boerderygemeenskappe wat die lewens van elf mense geëis het. Die LUR vir Landbou, Ekonomiese…
Die Khomanin tradisionele owerheid het Saterdag 'n stem-vergadering onder die gemeenskap in Windhoek gehou oor die voorgestelde verwydering van die huidige Khomanin leier en hoof, Julienne Gawanas. Daar word gekla dat sy gemeenskapsgrond aan welgestelde nie-gemeenskapslede verkoop en ook donasies aan die gemeenskap vir haarself hou. Volgens die voorlopige uitslae…
Meatco is op koers om sy uitvoerkwota van 1 200 ton beesvleis na Noorweë teen Junie te voltooi en posisioneer hom om ’n bykomende 1 200 ton te absorbeer wat deur Botswana prysgegee is ná die uitbreking van bek-en-klouseer in daardie land. In ’n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het…
In Februarie het die Afrika-unie 'n resolusie aangeneem om slawerny en kolonialisme as misdaad teen die mensdom en volksmoord op Afrikane te verklaar. Die Nama Tradisionele Leiers-vereniging is tans ook in gesprek met die AU oor die resolusie en om dit in Namibië aan te neem. Maboss Ortman van die…
19 May 10AM
1 min
20 – 40
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.