Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
40 – 60

SA se Auf de Heyde gaan ook Infatino uitdaag

Sokker: Die Suid-Afrikaanse joernalis en dosent Peter Auf de Heyde gaan Gianni Infantino ook uitdaag om FIFA se presidentskap. Die 65-jarige was president van Grahamstad se Sokkervereniging en het UDW FC in die vroeë 1990's besit en bestuur. Die erepresident van Japan se sokkervereniging, Kozo Tashima, en Tottenham Hotspur en…
12 Nov 10AM 1 min

Eerste Jeughandelsforum wil jong entrepreneurs bemagtig

Handelminister Selma Ashipala-Musavyi het die eerste Nasionale Jeughandelsforum bekendgestel. Die forum vind op 18 en 19 November in Windhoek plaas, in samewerking met die Namibië Handelsforum en die Namibiese Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad. Die inisiatief fokus op die bemagtiging van jong entrepreneurs om toegang tot plaaslike en internasionale markte te kry,…
12 Nov 10AM 1 min

Olimpiese Jeugspele sorg vir vele ooreenkomste

Die Olimpiese Jeugspele in Dakar, die hoofstad van Senegal, eindig môre. Dit is die eerste keer dat ’n Olimpiese sportbyeenkoms in Afrika aangebied is. Sowat 2 700 jong atlete tussen 14 en 17 jaar oud van reg oor die wêreld het aan die Spele deelgeneem. Hulle het in 25 verskillende…
12 Nov 10AM 1 min

Olimpiese Jeugspele sorg vir vele ooreenkomste

Die Olimpiese Jeugspele in Dakar, die hoofstad van Senegal, eindig môre. Dit is die eerste keer dat ’n Olimpiese sportbyeenkoms in Afrika aangebied is. Sowat 2 700 jong atlete tussen 14 en 17 jaar oud van reg oor die wêreld het aan die Spele deelgeneem. Hulle het in 25 verskillende…
12 Nov 10AM 1 min

Kom hou veilig vakansie in Swakopmund

Die Swakopmund-munisipaliteit doen ’n beroep op vakansiegangers om ekstra versigtig te wees gedurende die feesseisoen. Die munisipaliteit waarsku teen verhoogde padrisiko’s en swendelary met verblyfbesprekings, met groot getalle besoekers wat in die kusdorp verwag word. Die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die doel is…
12 Nov 10AM 1 min

'Geen groot verwagtinge' vir Moskou-samesprekings

Die Amerikaanse gesante Steve Witkoff en Jared Kushner is in Moskou vir samesprekings met die Russiese president, Vladimir Putin, in 'n poging om die oorlog in Oekraïne te beëindig. Dit volg na die Amerikaanse bemiddelde samesprekings Woensdag ná twee dae geëindig het met 'n ooreenkoms oor uitruil van gevangenes, maar…
12 Nov 9AM 1 min

Kapitaal- en pensioenmarkte moet ekonomie dryf: !Gawaxab

Die voormalige president van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, sê Namibië moet meer doen om beleggingsgereedheid te versterk en te verseker dat die finansiële sektor ’n groter rol speel om die land se ekonomiese potensiaal te ontsluit. Hy het by die Regeringsinstellings-pensioenfonds se Pensioen- en Beleggingsimposium in Windhoek daarop…
12 Nov 9AM 1 min

Nasan het oog op mynbou-, vervoer- en mariene sektore

Die plaaslike brandstofmaatskappy Nasan Energies beplan om sy bedrywighede uit te brei na die mynbou-, vervoer- en mariene sektore, waar hy ook brandstof wil voorsien. Dit volg ná ’n vergadering met president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Die besturende direkteur, Jean-Blaise Ollomo, sê die maatskappy se netwerk van 42 vulstasies sal ook opgegradeer…
12 Nov 9AM 1 min

Baie besighede nog nie uitvoergereed, sê kenner

Die regering het ’n gids bekendgestel om Namibiese ondernemings te help om handel te dryf in die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied. Kenners sê beter toegang tot handelsinligting is noodsaaklik om veral klein en mediumgrootte ondernemings te help om nuwe markte te betree. Danny Meyer, stigter en direkteur van SMEs Compete, sê…
12 Nov 8AM 1 min

ANC oorweeg risiko’s midde koalisiegesprekke

Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê die party se nasionale uitvoerende komitee ondersoek die redes vir sy swak vertoning in die plaaslikeregeringsverkiesing. Bhengu het in Boksburg gesê byna alle politieke partye het die ANC reeds genader vir informele koalisiegesprekke. Sy sê die party besin nederig oor sy verkiesingsnederlaag. Bhengu…
12 Nov 8AM 1 min

Namfisa steun versekering vir almal

Namfisa het die Kaapstad-verklaring oor inklusiewe versekering onderskryf. Die doel is om toegang tot bekostigbare versekering uit te brei, veral vir kwesbare en onderbediende gemeenskappe. Namfisa se uitvoerende hoof, Kenneth Matomola, sê dat versekering vir alle Namibiërs toeganklik moet wees, nie net vir ’n klein groepie mense nie. Woordvoerder Victoria…
12 Nov 7AM 1 min

Ontwrigte Franse span steeds reuse-uitdaging, sê Ox

Rugby: Die Springbok-stut Ox Nché glo Frankryk sal die ontwrigting oorkom van vier van sy losskakels wat beseer is. Kaptein Antoine Dupont verruil die nommer nege-trui vir die nommer 10 in môreaand se Nasieskampioenskaps-wedstryd teen Suid-Afrika in Parys. Maxime Lucu is sy skakelmaat. Nché sê Frankryk het talle gehalte jong…
12 Nov 7AM 1 min

Finansiering bly struikelblok vir klein ondernemings

Toegang tot markinligting alleen is nie genoeg om klein ondernemings in staat te stel om voordeel uit die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied te trek nie. Dit is volgens beleidsontleder Ndumba Kamwanyah, wat sê toegang tot finansiering en bedryfskapitaal bly een van die grootste struikelblokke vir klein en mediumgrootte ondernemings. Hy sê…
12 Nov 5AM 1 min

Goeie reën in verskeie dele van die land

Goeie reën in verskeie dele van Namibië Verskeie dele van Namibië het Woensdag goeie reën ontvang, met van die hoogste neerslae in die Ohangwena-streek. Omungwelume het 25,8 millimeter aangeteken, Omafo 24,4 en Edundja byna 22 millimeter. Khorixas het 13 millimeter ontvang en Otavi 10 millimeter. In die Etosha Nasionale Park…
12 Nov 5AM 1 min

Okahandja-inwoners bevraagteken uitvoerende hoof se kontrakverlenging

Die verlenging van Okahandja se munisipale uitvoerende hoof, Alphons Tjitombo, se kontrak met nog vyf jaar het kritiek van inwoners en gemeenskapsaktiviste ontlok. Sy kontrak strek nou tot Oktober 2031. Aktiviste bevraagteken sy prestasie en wys op probleme soos 'n tekort aan erwe, water- en kragonderbrekings, asook swak vullisverwydering en…
12 Nov 5AM 1 min

FNB Namibië stel nuwe finansieringsmodel vir grondontwikkeling bekend

FNB Namibië het ’n finansieringsmodel bekendgestel om munisipaliteite en dorpsrade te help om grondontwikkeling te versnel en ontwikkelingskoste te verminder. Die Grondontwikkelingswaardevoorstel bied lenings van tot drie jaar om infrastruktuur soos paaie, water, rioolstelsels en elektrisiteit te finansier. FNB Namibië se hoof van openbare sektorbankdienste, Hans Bolle, het aan Kosmos…
12 Nov 4AM 1 min

Trump beloof “totale oorwinning” in die oorlog teen Iran

President Donald Trump sê dis tyd dat Amerika ʼn totale oorwinning behaal in die oorlog teen Iran. Amerika het soldate na die Midde-Ooste ontplooi in aanloop tot die middeltermynverkiesing, en daar is bespiegel dat Washington gereed maak vir ʼn volle militêre aanslag teen Teheran ná die verkiesing. Die oorlog duur…
12 Nov 4AM 1 min

Maumela se Ferrari vir N$10,1m verkoop

ʼn Luukse Ferrari van meer as elf-miljoen Namibiese dollar wat aan die vermeende tender-bedrieër, Hangwani Maumela, behoort, is op ʼn veilig vir 10,1-miljoen dollar verkoop. Die motor word verbind met die plundery van twee-miljard dollar by die Tembisa-hospitaal. Maumela word beskuldig dat hy die baasbrein was agter drie sindikate wat…
12 Nov 4AM 1 min

Regering kan steeds voordeel trek uit Dangote-projek sonder eienaarsbelang

Die regering hoef nie 'n direkte aandeel in elke private onderneming te besit om ekonomiese voordeel daaruit te trek nie. Dit is die standpunt van presidensiële woordvoerder Jonas Mbambo te midde van die debat oor die Dangote Namibia Tank Farm en die beplande streeksoliepyplyn by Walvisbaai. Mbambo sê groot private…
12 Nov 4AM 1 min

Swakopmund reg vir die Shell V-Power-tydren die naweek

Swakopmund maak die komende naweek gereed vir die Shell V-Power-tydren, die laaste been van die 2026 Nasionale Tydrenkampioenskap. Altesaam 22 motors sal meeding in die S-klas vir sedans en die CR-klas vir bakkies en veldrenvoertuie. Francois Lottering vertel ons meer.
12 Nov 3AM 1 min
40 – 60