ANC oorweeg risiko’s midde koalisiegesprekke

Loading player...
Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê die party se nasionale uitvoerende komitee ondersoek die redes vir sy swak vertoning in die plaaslikeregeringsverkiesing. Bhengu het in Boksburg gesê byna alle politieke partye het die ANC reeds genader vir informele koalisiegesprekke. Sy sê die party besin nederig oor sy verkiesingsnederlaag. Bhengu voeg by kandidate moet na gemeenskappe terugkeer en die die ANC se 100-dae diensleweringsplan uitvoer:
12 Nov 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS kos Namibië N$150 per sekonde

Dit is nou sewe weke sedert die uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië en die land verkeer in 'n nasionale krisis, sê Roelie Venter, die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie. As die impak op die totale waardeketting van die landboubedryf in ag geneem word, verloor die land 150 Namibiese dollar…
14 Nov 12AM 1 min

Copps 94.1: Wetsbewakers het hul hande vol met Windhoekers

Windhoek was Vrydagaand 'n miernes van onstuimige bedrywighede met die Copps 94.1-span wat behoorlik moes skarrel om wet en orde te handhaaf. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op sy pos en doen verslag van die toneel:
13 Nov 11PM 1 min

Beskuldigdes in Marx-aanval bly agter tralies, AfriForum juig

AfriForum verwelkom die besluit van die vier beskuldigdes in die aanval op 'n boer van Noordwes, Donovan Marx, om hul borgtogaansoeke te laat vaar. Hulle word aangekla van poging tot moord, roof en vuurwapenverwante misdrywe. Die saak is tot 15 Februarie uitgestel sodat die staat ballistiese verslae kan bekom. Marx…
13 Nov 10AM 1 min