Ontwrigte Franse span steeds reuse-uitdaging, sê Ox

Loading player...
Rugby: Die Springbok-stut Ox Nché glo Frankryk sal die ontwrigting oorkom van vier van sy losskakels wat beseer is. Kaptein Antoine Dupont verruil die nommer nege-trui vir die nommer 10 in môreaand se Nasieskampioenskaps-wedstryd teen Suid-Afrika in Parys. Maxime Lucu is sy skakelmaat. Nché sê Frankryk het talle gehalte jong spelers wat die afgelope paar jaar deur die range gevorder het:
12 Nov 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS kos Namibië N$150 per sekonde

Dit is nou sewe weke sedert die uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië en die land verkeer in 'n nasionale krisis, sê Roelie Venter, die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie. As die impak op die totale waardeketting van die landboubedryf in ag geneem word, verloor die land 150 Namibiese dollar…
14 Nov 12AM 1 min

Copps 94.1: Wetsbewakers het hul hande vol met Windhoekers

Windhoek was Vrydagaand 'n miernes van onstuimige bedrywighede met die Copps 94.1-span wat behoorlik moes skarrel om wet en orde te handhaaf. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op sy pos en doen verslag van die toneel:
13 Nov 11PM 1 min

Beskuldigdes in Marx-aanval bly agter tralies, AfriForum juig

AfriForum verwelkom die besluit van die vier beskuldigdes in die aanval op 'n boer van Noordwes, Donovan Marx, om hul borgtogaansoeke te laat vaar. Hulle word aangekla van poging tot moord, roof en vuurwapenverwante misdrywe. Die saak is tot 15 Februarie uitgestel sodat die staat ballistiese verslae kan bekom. Marx…
13 Nov 10AM 1 min