Trump beloof “totale oorwinning” in die oorlog teen Iran

Loading player...
President Donald Trump sê dis tyd dat Amerika ʼn totale oorwinning behaal in die oorlog teen Iran. Amerika het soldate na die Midde-Ooste ontplooi in aanloop tot die middeltermynverkiesing, en daar is bespiegel dat Washington gereed maak vir ʼn volle militêre aanslag teen Teheran ná die verkiesing. Die oorlog duur reeds byna nege maande. Trump het gister by ʼn Veterane-dag-geleentheid in Virginia gesê Iran maak reeds sedert 1979 oorlog teen Amerika:
12 Nov 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS kos Namibië N$150 per sekonde

Dit is nou sewe weke sedert die uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië en die land verkeer in 'n nasionale krisis, sê Roelie Venter, die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie. As die impak op die totale waardeketting van die landboubedryf in ag geneem word, verloor die land 150 Namibiese dollar…
14 Nov 12AM 1 min

Copps 94.1: Wetsbewakers het hul hande vol met Windhoekers

Windhoek was Vrydagaand 'n miernes van onstuimige bedrywighede met die Copps 94.1-span wat behoorlik moes skarrel om wet en orde te handhaaf. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op sy pos en doen verslag van die toneel:
13 Nov 11PM 1 min

Beskuldigdes in Marx-aanval bly agter tralies, AfriForum juig

AfriForum verwelkom die besluit van die vier beskuldigdes in die aanval op 'n boer van Noordwes, Donovan Marx, om hul borgtogaansoeke te laat vaar. Hulle word aangekla van poging tot moord, roof en vuurwapenverwante misdrywe. Die saak is tot 15 Februarie uitgestel sodat die staat ballistiese verslae kan bekom. Marx…
13 Nov 10AM 1 min