
Regering kan steeds voordeel trek uit Dangote-projek sonder eienaarsbelang
Loading player...
Die regering hoef nie 'n direkte aandeel in elke private onderneming te besit om ekonomiese voordeel daaruit te trek nie. Dit is die standpunt van presidensiële woordvoerder Jonas Mbambo te midde van die debat oor die Dangote Namibia Tank Farm en die beplande streeksoliepyplyn by Walvisbaai. Mbambo sê groot private beleggings kan steeds werksgeleenthede skep, plaaslike ondernemings bevoordeel, vaardighede ontwikkel en belastinginkomste vir die staat genereer. Die regering het bevestig dat hy nie 'n eienaarsbelang in die sowat 41 miljard Namibiese dollar-projek sal hê nie. Mbambo het met die NBC oor die kwessie gepraat:

