Die regering hoef nie 'n direkte aandeel in elke private onderneming te besit om ekonomiese voordeel daaruit te trek nie. Dit is die standpunt van presidensiële woordvoerder Jonas Mbambo te midde van die debat oor die Dangote Namibia Tank Farm en die beplande streeksoliepyplyn by Walvisbaai. Mbambo sê groot private…
Swakopmund maak die komende naweek gereed vir die Shell V-Power-tydren, die laaste been van die 2026 Nasionale Tydrenkampioenskap. Altesaam 22 motors sal meeding in die S-klas vir sedans en die CR-klas vir bakkies en veldrenvoertuie. Francois Lottering vertel ons meer.
Die Visrivier-canyon en die Spergebied se uitgestrekte diamantneerslae is deur die Internasionale Unie vir Geologiese Wetenskappe aangewys as deel van die derde groep van 100 internasionale geologiese erfenisterreine. Die Namibiese Toerismeraad se woordvoerder, Flora Quest, sê dié internasionale erkenning kan meer geleenthede vir toerisme, opvoeding en werkskepping vir plaaslike gemeenskappe…
Sonke Gender Justice sê drankmisbruik dra by tot geslagsgeweld, kindermishandeling en ander maatskaplike probleme. Die organisasie steun die DG Murray Trust se uitdaging in die Konstitusionele Hof teen dele van die Noord-Kaapse drankwet, wat langer handelsure vir alkohol toelaat. Sonke se Amukelani Chauke voer aan gemeenskappe is nie behoorlik geraadpleeg voor die…
Minister van onderwys, Sanet Steenkamp, sê die nuwe raad van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie, NUST, moet bestuurstrukture versterk, leierskap-stabiliteit verseker en agterstallige finansiële verslagdoening aanspreek. Die raad sal vir drie jaar dien, met Leake Hangala as voorsitter en Patricia Olivier as onder-voorsitter. Steenkamp sê die aanstellings kom op 'n…
Amerika se spesiale gesant, Jared Kushner, beskryf die afgelope twee dae se vredesonderhandelings met Rusland en Oekraïne in Abu Dhabi as moeilik maar produktief. Hy voeg by die grootste struikelblok is steeds gebiedskwessies. Die onderhandelings het egter geen teken gelaat van deurbrake om die oorlog van byna vyf jaar te…
Die tenderpreneur Vusimuzi “Cat” Matlala sê hy vertrou nie meer die beweerde politieke bemiddelaar Brown Mogotsi nie. Hy beweer Mogotsi het die naam van die minister van Polisie, Senzo Mchunu, gebruik om geld van hom te vra. Tydens sy getuienis voor die Madlanga-kommissie het Matlala gesê hy het aanvanklik vir…
Die DA sê voortdurende bestuursmislukkings onder die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het bygedra tot die besluit van die Olimpiese swemkampioen Tatjana Smith om Nederland te verteenwoordig. Die party beweer Swem Suid-Afrika word geteister deur wanbestuur en 'n gebrek aan aanspreeklikheid, ten spyte van herhaaldelike oproepe om…
Eerste Minister Elijah Ngurare het opdrag gegee dat watertekorte in verskeie gemeenskappe dringend aangespreek word. Hy het by die derde Namibiese Streekswatersimposium in Swakopmund gesê die kantoor van die Eerste Minister het NamWater en die ministerie van landbou opdrag gegee om waterprobleme in die Otamanzi-, Tsandi- en Okahao-kiesafdelings in die…
Die sakeman Vusimusi “Cat” Matlala het die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele, daarvan beskuldig dat hy geld in ruil vir gunste geëis het. In sy getuienis voor die Madlanga-kommissie het Matlala vir Cele met ’n blêrkas vergelyk en gesê betalings was nodig om dinge te laat gebeur. Hy het…
Suid-Afrika se water en sanitasie-minister, Pemmy Majodina, sê Namibië en Suid-Afrika moet nouer saamwerk om watertekorte en sanitasie-uitdagings aan te pak. Sy was 'n gasspreker by die derde Namibiese Streekswatersimposium in Swakopmund. Majodina beklemtoon dat samewerking oor gedeelde waterbronne, beter infrastruktuur en nuwe tegnologie noodsaaklik is om gemeenskappe se toegang…
Namibiërs wat beplan om Suid-Afrika in die vakansieseisoen te besoek, word gemaan om ekstra waaksaam te wees en hul veiligheid nie as vanselfsprekend te aanvaar nie. Die besige tydperk bring meer reisigers, drukker winkelsentrums en groter geleenthede vir misdaad mee. Bekende misdaadkenner Mike Bolhuis het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…
Rugbyondersteuners kan uitsien na opwindende kragmetings wanneer die Welwitschias op 18 en 20 November teen die Suid-Afrikaanse Recklessbear Barbarians op die Hage Geingob-stadion in Windhoek speel. Welwitschias-kaptein Danco Burger sê aan Kosmos 94.1 die wedstryde bied ’n unieke ervaring vir plaaslike rugby, en dat die span gereed is om die…
Die landbousektor moet toenemende mededinging om water aanspreek om toekomstige voedselproduksie en landelike lewensbestaan te beskerm. Landboukundige Kobus Laubscher sê mynbou, toerisme en stedelike uitbreiding plaas toenemende druk op beskikbare waterbronne. Hy beklemtoon die belangrikheid van deeglike beplanning, alternatiewe watertegnologieë soos ontsouting en doeltreffende waterbestuur. Hy sê boere moet ook…
Intussen doen bestuurskenner Pius Dunaiski 'n beroep op 'n dringende en dieper ondersoek na TransNamib. Hy waarsku dat bestuursveranderings alleen nie die instelling se dieperliggende probleme sal oplos nie. Hy sê voortslepende lokomotieftekorte, verouderde infrastruktuur en vertragings met verkrygingsprosesse dui op jarelange bestuursprobleme. Dunaiski sê die president moet ingryp, anders…
Suid-Afrika se seisoenaal aangepaste vervaardigingsproduksie het tussen Julie en September 2026 met 0,9-persent toegeneem vergeleke met April tot Junie 2026. Nicolai Claassen van Statistiek Suid-Afrika sê dié styging het die sektor gehelp om effens te herstel ná 'n afname van 1,6-persent. Claassen bevestig kos en drank het die grootste positiewe…
Daar is steeds geen nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die land aangemeld nie, maar die landbouministerie verskerp sy toesig- en moniteringspogings suid van die Rooilyn en buite die ||Kharas-streek, insluitend kommunale gebiede. Die risikogebaseerde monitering sal fokus op vroeë opsporing van die siekte, asook 'n beoordeling van die risiko dat…
Rugby: Die Blitsbokke het nog beseringsprobleme voor die nuwe seisoen. Die spelskepper Shilton van Wyk en kaptein Impi Visser is nou ook op die krukkelys nadat die voorspelers, Zander Reynders en Jayden Nel, vroeër beseer is. Afrigter Philip Snyman sê Visser kan dalk reg wees vir die eerste toernooi in…
Landbouminister Inge Zaamwani-Kamwi sê dat die land se sanitasieteikens buite bereik bly, met 39,4 persent van die bevolking wat steeds nie toegang tot behoorlike sanitasiegeriewe het nie. Tydens die derde Namibiese Streekswatersimposium in Swakopmund het sy ook gewaarsku dat die Erongo-streek se vinnige nywerheidsgroei toenemende druk op waterbronne plaas. Sy…
11 Nov 10AM
1 min
60 – 80
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.