Swem: DA blameer McKenzie se leierskap vir Tatjana Smith se verhuising

Loading player...
Die DA sê voortdurende bestuursmislukkings onder die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het bygedra tot die besluit van die Olimpiese swemkampioen Tatjana Smith om Nederland te verteenwoordig. Die party beweer Swem Suid-Afrika word geteister deur wanbestuur en 'n gebrek aan aanspreeklikheid, ten spyte van herhaaldelike oproepe om ingryping. Leah Potgieter van die DA doen 'n beroep op McKenzie om verantwoording te doen vir sy toesig oor nasionale sportfederasies en om die probleme waarmee die sektor te kampe het, aan te spreek:
12 Nov 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Staalbedryf in SA het dringend hulp nodig

Die vakbond Solidariteit sê die regering moet die staalbedryf dringend ondersteun deur elektrisiteitskoste te verlaag en plaaslike vervaardigers beskerm teen goedkoop staalinvoere uit China. Dit volg na Ferroglobe se besluit om sy smeltoonde in Witbank een die einde van die maand tydelik te sluit, wat sowat 200 werkgeleenthede in die…
14 Nov 1AM 1 min

BKS kos Namibië N$150 per sekonde

Dit is nou sewe weke sedert die uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië en die land verkeer in 'n nasionale krisis, sê Roelie Venter, die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie. As die impak op die totale waardeketting van die landboubedryf in ag geneem word, verloor die land 150 Namibiese dollar…
14 Nov 12AM 1 min

Copps 94.1: Wetsbewakers het hul hande vol met Windhoekers

Windhoek was Vrydagaand 'n miernes van onstuimige bedrywighede met die Copps 94.1-span wat behoorlik moes skarrel om wet en orde te handhaaf. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op sy pos en doen verslag van die toneel:
13 Nov 11PM 1 min