
Matlala beskuldig Cele hy het geld geëis in ruil vir gunste
Loading player...
Die sakeman Vusimusi “Cat” Matlala het die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele, daarvan beskuldig dat hy geld in ruil vir gunste geëis het. In sy getuienis voor die Madlanga-kommissie het Matlala vir Cele met ’n blêrkas vergelyk en gesê betalings was nodig om dinge te laat gebeur. Hy het beweer ses-miljoen-rand en ’n eiendom in Trafalgar, KwaZulu-Natal, is geëis om kwessies rakende vuurwapens op te los en ’n bekendstelling aan die KwaZulu-Natal kommissaris van Polisie, Nhlanhla Mkhwanazi, te reël:

