
TransNamib benodig dieper ondersoek, sê bestuurskenner
Loading player...
Intussen doen bestuurskenner Pius Dunaiski 'n beroep op 'n dringende en dieper ondersoek na TransNamib. Hy waarsku dat bestuursveranderings alleen nie die instelling se dieperliggende probleme sal oplos nie. Hy sê voortslepende lokomotieftekorte, verouderde infrastruktuur en vertragings met verkrygingsprosesse dui op jarelange bestuursprobleme. Dunaiski sê die president moet ingryp, anders kan die beplande Walvisbaai-Botswana-spoorkorridor nooit verwesenlik word nie.

