Ngurare beveel dringende ingryping oor watertekorte

Loading player...
Eerste Minister Elijah Ngurare het opdrag gegee dat watertekorte in verskeie gemeenskappe dringend aangespreek word. Hy het by die derde Namibiese Streekswatersimposium in Swakopmund gesê die kantoor van die Eerste Minister het NamWater en die ministerie van landbou opdrag gegee om waterprobleme in die Otamanzi-, Tsandi- en Okahao-kiesafdelings in die Omusatistreek aan te pak. Ngurare sê die regering het meer as een miljard Namibiese dollar tot die watersektor verbind, waarvan meer as 867 miljoen dollar vir infrastruktuurontwikkeling, instandhouding en rehabilitasie bewillig is. Hy beklemtoon dat watersekerheid dringende aandag en volgehoue investering vereis.
12 Nov 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Staalbedryf in SA het dringend hulp nodig

Die vakbond Solidariteit sê die regering moet die staalbedryf dringend ondersteun deur elektrisiteitskoste te verlaag en plaaslike vervaardigers beskerm teen goedkoop staalinvoere uit China. Dit volg na Ferroglobe se besluit om sy smeltoonde in Witbank een die einde van die maand tydelik te sluit, wat sowat 200 werkgeleenthede in die…
14 Nov 1AM 1 min

BKS kos Namibië N$150 per sekonde

Dit is nou sewe weke sedert die uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië en die land verkeer in 'n nasionale krisis, sê Roelie Venter, die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie. As die impak op die totale waardeketting van die landboubedryf in ag geneem word, verloor die land 150 Namibiese dollar…
14 Nov 12AM 1 min

Copps 94.1: Wetsbewakers het hul hande vol met Windhoekers

Windhoek was Vrydagaand 'n miernes van onstuimige bedrywighede met die Copps 94.1-span wat behoorlik moes skarrel om wet en orde te handhaaf. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op sy pos en doen verslag van die toneel:
13 Nov 11PM 1 min