Die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming sê die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek van die Kongo en Uganda is ʼn teken dat entstowwe en medisyne plaaslik vervaardig moet word. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die uitbreking tot ʼn gesondheids-noodsituasie van internasionale belang verklaar nadat 88 sterftes en meer as 300 moontlike gevalle…
Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê Suid-Afrika het beduidende vordering gemaak met die bevordering van volhoubare verstedeliking wat in die hoofbepalings van die Grondwet en die Nasionale Ontwikkelingsplan geanker is. Die minister het 'n toespraak op die 13de Wêreldverstedelikingsforum in Baku, Azerbeidjan, gelewer. Simelane sê nieteenstaande die geleenthede…
Terwyl kandidate reeds na vore tree om oor te neem as leier van die Britse Arbeidersparty, sê die huidige adjunk-premier David Lammy, daar is geen tydlyn vir verkiesings nie en dat premier Keir Starmer vasberade is om in sy pos te bly. Hy het met Sky News gepraat.
Die Miss Supranational Namibia-organisasie, het die voormalige 2022 Mej. Namibië, Cassia Sharpley aangestel as die 2026 Supranational Namibia-verteenwoordiger vir vanjaar se internasionale kompetisie. Die 17de uitgawe van die skoonheidskompetisie is geskeduleer om op 31 Julie by die Strzelecki Park-amfiteater in Nowy Sącz, Pole, plaas te vind. Kosmos 94.1 Nuus het…
Die afvaardiging van die Europese Unie en die Namibiese regering het amptelik ooreengekom om die EU-Namibië Strategiese Vennootskapspadkaart tot 2030 te verleng. Dit is aangekondig deur Jessika Roswall, die EU-kommissaris vir die omgewing, waterveerkragtigheid en 'n mededingende sirkulêre ekonomie, tydens die Tweede Namibië-EU Sakeforum in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het…
In ’n groot mylpaal vir gemeenskapsbaseerde bewaring het ultimate.earth, voorheen Ultimate Safaris, reeds 3 miljoen Namibiese dollar belê om die land se vrylopende swartrenosters te help beskerm. Die finansiering, wat deur hul filantropiese afdeling, die Conservation Travel-stigting toegewys is, gaan direk na die toerusting en ondersteuning van die plaaslike renoster-veldwagters,…
Lüderitz het sy grootste buitelandse direkte belegging ter waarde van 1,5 miljoen euro, sowat 28 miljoen Namibiese dollar, deur VNG International, 'n internasionale samewerkingsagentskap van die Vereniging van Nederlandse Munisipaliteite, verseker. Die ondertekeningseremonie het in Windhoek plaasgevind tydens die Namibië-EU-sakeberaad 2026 verlede week, onder leiding van die voorsitter van die…
Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya het kommer uitgespreek oor die 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat die metro jaarliks aan geskorste amptenare, waarvan baie senior bestuurders is, se salarisse bestee. Sy het aan eNCA gesê die geld word betaal aan senior amptenare wat geskors is in verband met die Rooiwal-watersuiweringsaanleg se tenderskandaal en…
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta het die organiseerders van die March and March-veldtog gevra om Nigerië te vereer vir sy ondersteuning tydens die anti-apartheidstryd. Nigerië het finansiële hulp, beurse en politieke solidariteit tydens die bevrydingsera verskaf en moet erken word vir sy bydrae tot demokrasie. Makaneta het die beweging, wat aktief…
Mamelodi Sundowns het Marokko se AS FAR in die eerste deel van die CAF-kampioeneliga se eindstryd op Loftus Versfeld met 1-0 geklop. Aubrey Modiba se vryskop het The Brazilians ʼn effense voorsprong gegee voor die tweede deel Sondag in Rabat, Marokko, plaasvind. Sundowns het die CAF-kampioeneliga laas in 2016 gewen…
Gerhard Pepler van Suid-Afrika het 'n laaste ronde sewe onder-baansyfer van 65 aangeteken om die Sonskyntoer se Pro-Am-toernooi by die Irene Country Club in Gauteng te wen. Hy kon die sterk aanslag van sy landgenoot Graham van der Merwe weerstaan, wie se 61 hom tweede plek op 22 onder besorg…
Die Noordwes-sakeman Brown Mogotsi se prokureur, Makau Sekgatja, sê sy kliënt is emosioneel ontsteld na sy inhegtenisneming. Mogotsi sal na verwagting vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklagte van regsverydeling na aanleiding van bewerings verlede November dat hy 'n sluipmoordpoging in Vosloorus opgemaak het. Die vuurwapen wat gebruik is,…
Aaron Rai van Engeland het die PGA-kampioenskap en daarmee sy eerste major-titel by die Aronimink-gholfklub in Pennsilvanië gewen. Die wêreld-nommer-44 het vyf onder 65 aangeteken en algeheel met nege onder geëindig, drie houe voor die Spanjaard en tweemalige major-kampioen, Jon Rahm, en die Amerikaner Alex Smalley, wat gesamentlik tweede is…
Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, sê dis kommerwekkend dat munisipaliteite toenemend beskuldig word dat hulle staatskole te veel vra deur verkeerd berekende rekeningstate, verhoogde tariewe, historiese skuldoordrag en onwettige heffings op rekeningstate. Gautengse skole het in Maart 2026 583,9-miljoen Suid-Afrikaanse rand se munisipale skuld ouer as 60 dae…
Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het die “Loopbaan Goue Meesters” voltooi toe hy die Italiaanse Ope gewen het – ʼn rekord van ses agtereenvolgende Meesters-titels. Die 24-jarige Sinner het Casper Ruud van Noorweë geklop om die eerste Italiaanse kampioen in 50 jaar te word. Hy het boonop by Novak Djokovic aangesluit…
Sjef Elizabeth Isai en haar mentor, sjef Ralf Hergott, het na Wallis gereis om aan die Worldchefs Global Chefs Challenge Finale deel te neem. Juniorsjef Isai het die Afrika/Midde-Ooste-halfeindronde gewen en op elke stadium geseëvier - van WorldSkills Africa tot Sjef van die Jaar. Die globale kompetisie sal van die…
Hyphen Hydrogen Energy beplan om sowat 54 miljard Namibiese dollar by plaaslike besighede te bestee deur sy groenwaterstofprojek, as deel van 'n verbintenis om 30 persent van die totale belegging aan Namibiese verkryging toe te ken. Die maatskappy het ook onlangs hul vaardigheidsensus bekend gestel om werkgeleenthede vir Namibiërs moontlik…
Met winter op pad, kan Namibië steeds reën vandeesweek verwag. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese Meteorologiese Diens se weervoorspeller, Albertina Anderson, oor vooruitsigte gepraat:
18 May 12AM
1 min
80 – 100
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.