Die DA sê die minister van landbou, John Steenhuisen, se begrotingsrede weerspieël sterk landbouwinste, onder meer dat Suid-Afrika die wêreld se voorste sitrusuitvoerder geword en Spanje verbygesteek het. DA-woordvoerder Beyers Smit sê uitvoere het 2,9 miljoen ton in 2025 bereik. Die sektor het ook 268,7 miljard Suid-Afrikaanse rand in uitvoerverdienste…
Die voormalige Britse gesondheidsminister Wes Streeting het bevestig dat hy aan enige leierskapswedloop van die Arbeidersparty sal deelneem om Keir Starmer te vervang. Streeting het Donderdag die eerste senior minister geword wat bedank het, in wat algemeen beskou word as die begin van ’n uitdaging teen Starmer se leierskap. Hy…
Manchester City het Chelsea met 1-0 op Wembley geklop om die FA-beker. Dit is die span se agtste FA-beker-titel en hulle afrigter Pep Guardiola se derde een in die kompetisie. Antoine Semenyo het die wendoel aangeteken met 'n uitstekende hakskop na 'n kruis-aangee deur Erling Haaland. Chelsea het toe alles…
Namibië gaan ’n historiese bewaringsfinansieringsooreenkoms van meer as 1 miljard Namibiese dollar onder die Namibia for Life-inisiatief onderteken. Hierdie ooreenkoms gebruik die innoverende Project Finance for Permanence-model om langtermynfinansiering en -stelsels te verseker wat gemeenskapsbewaring permanent sal ondersteun. Die ooreenkoms sal die komende week onderteken word. Vilho Hangula, die omgewingsminbisterie…
EFF-leier Julius Malema sê bewerings dat die party wit boere teiken, is vals. Malema het op die Frank Dialogue aanlyn uitsending gesê sulke bewerings is onlogies en aangevoer dat hy self 'n boer is en nie boere skade kan aandoen nie. Malema hou vol dat die EFF geen beleid van…
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het twee mans in hegtenis geneem in verband met 'n wydverspreide sosialemedia-video wat wys hoe vroue vuurwapens roekeloos hanteer. Gauteng-misdaadintelligensie het die verdagtes in Tembisa opgespoor, en ongelisensieerde vuurwapens en 'n gekaapte voertuig teruggevind. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die verdagtes, onderskeidelik 21 en 34 jaar oud, staan…
Orlando Pirates het Saterdag ’n terugslag in die Premierliga-titelstryd beleef ná ’n doellose gelykopuitslag teen Durban City. Pirates het balbesit oorheers en verskeie kanse geskep, maar is herhaaldelik deur die Durban City-verdediging en doelwagter Fredrick Asare gekeer. Die uitslag laat hulle twee punte agter die voorlopers, Mamelodi Sundowns. Afrigter Abdeslam…
Eskom berei voor vir die geleidelike oorgang van steenkoolkragstasies, met besluite oor die sluiting en hergebruik van ouer aanlegte wat tussen Julie en September 2026 verwag word. Daarbenewens sê Eskom dat meer as 500 000 huishoudings voordeel trek uit sy lasverminderingsprogram, met die Noord-Kaap en Wes-Kaap wat lasvermindering ten volle…
Meatco het in sy 2024/25-jaarverslag aangekondig dat hulle voorheen-benadeelde boere wil help met toegang tot diverse markte, om strategieë soos osproduksie moontlik te maak. Dit sal ook die boere help om direk aan Meatco te lewer. Voormalige Mariental-raadslid Willem Labuschagne sê Meatco moet sy Ekwatho-skema laat herleef, wat op osse…
Die burgemeesterskomiteelid vir groepkorporatiewe- en gedeelde dienste by die Stad Johannesburg, Sithembiso Zungu, sê onwettige handel bly 'n groot uitdaging in die middestad. Sy kommentaar volg ná die sloping van 23 onwettige strukture in Smallstraat tydens die stad se "Herwin die Stad"-veldtog. Hy het in 'n onderhoud met SABC News…
MTC en die Nasionale Behuisingsonderneming het 'n vyfjaarooreenkoms onderteken om nuwe behuisingsontwikkelings te bou met vesel- en ander telekommunikasie-infrastruktuur wat reeds tydens konstruksie ingesluit is. Dit beteken internetkabels en verwante infrastruktuur kan gelê word terwyl paaie en ander siviele werke gedoen word, wat koste verminder en die uitrol van hoëspoed-internetdienste…
Die elektrisiteitspanne van die Stad Kaapstad het reeds op meer as 10 700 stormverwante diensversoeke reageer met meer as 16 000 wat regoor die metro aangemeld is. Die stad sê hulpbronne is herlei na die gebiede wat die ergste geraak is en vra inwoners om nie duplikaatversoeke in te dien…
Kosmos 94.1 Nuus het vroeër berig dat Stad Windhoek aangekondig het dat die registrasie van laai-installasies vir elektriese voertuie nou verpligtend is om doeltreffende lasbestuur te ondersteun en die kwaliteit van die voorsiening te handhaaf. Enige laaipunt vir elektriese voertuie wat die kapasiteit van 'n standaard huishoudelike kragpunt van meer…
Die afrigter van Banyana Banyana, Desiree Ellis, sê die span bly gefokus op kwalifisering vir die 2027 FIFA Vrouewêreldbeker in Brasilië. Ter voorbereiding vir die Afrikabeker-toernooi vir Vroue in Marokko vanaf 25 Julie tot 16 Augustus, speel hulle teen die Ivoorkus, Burkina Faso en Tanzanië in Groep B. Sy het…
Die Paaie-owerheid het vroeër die tydelike sluiting van verskeie paaie in die suidelike //Kharas-streek aangekondig weens ernstige oorstromings en skade deur swaar reënval. Geaffekteerde roetes sluit gedeeltes van Hoofpad 25 in, tesame met verskeie distrikspaaie. Terwyl instandhoudingspanne die gebiede monitor om herstelwerk te begin sodra toestande dit toelaat, word die…
Die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, het ‘n tjoepstil Vrydagaand agter die rug, met net enkele nie-ernstige insidente wat hul aandag geverg het. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was oudergewoonte op sy pos en doen verslag:
Meer is bekend oor die inligtingministerie se pogings om die wetgewing oor toegang tot inligting te implementeer, na dit reeds in 2022 in die Staatskoerant gepubliseer is. Inligtingminister Emma Theofelus sê burokrasie hou die instelling van die Kantoor van die Inligtingskommissaris terug.
Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, het ʼn groep van 23 aangekondig om Japan volgende maand in twee internasionale vriendskaplike wegwedstryde te pak. Thembi Kgatlana en Bongeka Gamede, wat oorsee speel, is terug in die groep nadat hulle die onlangse kamp in Algerië weens beserings misgeloop het. Ellis sê…
15 May 11AM
1 min
100 – 120
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.