Nashandi: Ekonomiese groei moet werksgeleenthede vir almal skep

Loading player...
Terwyl Namibië homself posisioneer om voordeel uit nuwe olie-, gas-, groenenergie- en mynbougeleenthede te trek, bly die vraag hoe hierdie groei gewone Namibiërs sal bevoordeel. Dit was ook een van die sentrale kwessies by die Nasionale Beplanningskommissie se 2026-ontwikkelingsvennooteforum, wat in samewerking met die Verenigde Nasies aangebied is. Die kommissie se uitvoerende direkteur, I-Ben Nashandi, sê beleggings moet ook in werksgeleenthede, entrepreneurskap en geleenthede vir plaaslike ondernemings omskep word.
10 Nov 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fokus op onafhanklike belastinghof in NV

Die parlement debatteer die Wysigingswetsontwerp op Inkomstebelasting, wat voorsiening maak vir ’n onafhanklike belastinghof onder die Hooggeregshof. Tydens die debat het Swapo-LP Werner Iita gesê dat die verwydering van ministeriële beheer sal help om agterstallige belastingsake af te handel en beleggersvertroue te versterk.
14 Nov 4AM 1 min

EU waarsku teen aflei-taktiek deur Rusland

Die hoof van buitelandse beleid by die Europese Unie, Kaja Kallas, het gewaarsku Rusland probeer om die aandag af te lei van sy aggressie teen Oekraïne deur die kwessie van Europese veiligheid te opper. Moskou dring aan Europa se breër veiligheidsargitektuur moet heronderhandel word as deel van enige vredesgesprekke. Ná…
14 Nov 3AM 1 min

Motorsport: Nasionale tydrenkampioenskap laat Swakop brul

Die enjins brul en die stof staan behoorlik op Swakopmund tydens die vyfde en laaste ronde van die nasionale tydrenkampioenskap. Die eerste motors het Vrydagaand om sesuur by Steckels Toyota weggespring, met drie van die elf sneltrajekte wat reeds afgehandel is. Die tydren strek oor net meer as 196 kilometer,…
14 Nov 2AM 1 min