
Swem: Tatjana Smith gaan vir Nederland deelneem met die oog op LA 2028
Loading player...
Suid-Afrika se mees bekroonde Olimpiese atleet, Tatjana Smith, het amptelik besluit om vir Nederland deel te neem, nadat Wêreldwatersport dit goedgekeur het. Die viervoudige Olimpiese medaljewenner, wat in September ná 'n onderbreking van twee jaar teruggekeer het, het beide Suid-Afrikaanse en Nederlandse burgerskap. Haar eerste byeenkoms onder die Nederlandse vlag sal die Wêreldkampioenskap in kortbadswem in Desember in Beijing wees. Smith sê sy wil 'n nuwe rigting in haar sportloopbaan verken, met die oog op die Olimpiese Spele van 2028 in Los Angeles:

