Hamutenya: Namibië moet De Beers-geleentheid aangryp

Loading player...
Namibië moet die huidige afswaai in die wêreldwye diamantmark as 'n strategiese geleentheid beskou om 'n groter aandeel in die diamantreus De Beers te bekom. Dit is die mening van Namdia se voormalige besturende direkteur, Kennedy Hamutenya, wat deur Kosmos 94.1 Nuus om kommentaar genader is oor Botswana se planne om sy belang in De Beers te vergroot. Hamutenya sê Namibië kan nie agterbly terwyl Botswana en Angola hul posisie in die diamantbedryf versterk nie. Botswana se president, Duma Boko, het bevestig dat Namibië en Angola deelneem aan 'n beplande oorname van De Beers. Die Namibiese regering het egter nog nie sy deelname onafhanklik bevestig nie.
10 Nov 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fokus op onafhanklike belastinghof in NV

Die parlement debatteer die Wysigingswetsontwerp op Inkomstebelasting, wat voorsiening maak vir ’n onafhanklike belastinghof onder die Hooggeregshof. Tydens die debat het Swapo-LP Werner Iita gesê dat die verwydering van ministeriële beheer sal help om agterstallige belastingsake af te handel en beleggersvertroue te versterk.
14 Nov 4AM 1 min

EU waarsku teen aflei-taktiek deur Rusland

Die hoof van buitelandse beleid by die Europese Unie, Kaja Kallas, het gewaarsku Rusland probeer om die aandag af te lei van sy aggressie teen Oekraïne deur die kwessie van Europese veiligheid te opper. Moskou dring aan Europa se breër veiligheidsargitektuur moet heronderhandel word as deel van enige vredesgesprekke. Ná…
14 Nov 3AM 1 min

Motorsport: Nasionale tydrenkampioenskap laat Swakop brul

Die enjins brul en die stof staan behoorlik op Swakopmund tydens die vyfde en laaste ronde van die nasionale tydrenkampioenskap. Die eerste motors het Vrydagaand om sesuur by Steckels Toyota weggespring, met drie van die elf sneltrajekte wat reeds afgehandel is. Die tydren strek oor net meer as 196 kilometer,…
14 Nov 2AM 1 min