Al meer SAners steun op verskeie leners terwyl skulddruk toeneem

Loading player...
Suid-Afrikaners wend hulle toenemend tot kleinhandelaars, mikroleners en aanlyn leners vir kontant namate finansiële druk toeneem. DebtBusters se jongste Skuldindeks toon dat banke nou slegs 65-persent van nuwe skuldberadingsaansoekers se lenings uitmaak, die laagste vlak ooit. Byna twee derdes van aansoekers het kitslenings, terwyl die gemiddelde persoon 'n rekord van 8.8 kredietooreenkomste het. Benay Sager van DebtBusters sê middelinkomsteverdieners word veral onder druk geplaas deur stygende lewenskoste, met toenemende finansiële stres onder jonger en ouer verbruikers:
Benay Sager Woensdag
11 Nov 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fokus op onafhanklike belastinghof in NV

Die parlement debatteer die Wysigingswetsontwerp op Inkomstebelasting, wat voorsiening maak vir ’n onafhanklike belastinghof onder die Hooggeregshof. Tydens die debat het Swapo-LP Werner Iita gesê dat die verwydering van ministeriële beheer sal help om agterstallige belastingsake af te handel en beleggersvertroue te versterk.
14 Nov 4AM 1 min

EU waarsku teen aflei-taktiek deur Rusland

Die hoof van buitelandse beleid by die Europese Unie, Kaja Kallas, het gewaarsku Rusland probeer om die aandag af te lei van sy aggressie teen Oekraïne deur die kwessie van Europese veiligheid te opper. Moskou dring aan Europa se breër veiligheidsargitektuur moet heronderhandel word as deel van enige vredesgesprekke. Ná…
14 Nov 3AM 1 min

Motorsport: Nasionale tydrenkampioenskap laat Swakop brul

Die enjins brul en die stof staan behoorlik op Swakopmund tydens die vyfde en laaste ronde van die nasionale tydrenkampioenskap. Die eerste motors het Vrydagaand om sesuur by Steckels Toyota weggespring, met drie van die elf sneltrajekte wat reeds afgehandel is. Die tydren strek oor net meer as 196 kilometer,…
14 Nov 2AM 1 min