Ramaphosa keur salarisverhogings vir openbare ampsdraers goed

Loading player...
President Cyril Ramaphosa het salarisverhogings van 3.5-persent vir openbare ampsdraers vir die 2026/27-boekjaar vasgestel, ná aanbevelings deur die Onafhanklike Kommissie vir die Besoldiging van Openbare Ampsdraers. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die verhogings geld terugwerkend vanaf 1 April 2026. Regters, landdroste, tradisionele leiers, Khoi-San-leiers en leiers van onafhanklike grondwetlike instellings kry 'n vier-persent verhoging. Magwenya sê ekonomiese uitdagings, fiskale bekostigbaarheid en inflasie word in ag geneem:
11 Nov 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fokus op onafhanklike belastinghof in NV

Die parlement debatteer die Wysigingswetsontwerp op Inkomstebelasting, wat voorsiening maak vir ’n onafhanklike belastinghof onder die Hooggeregshof. Tydens die debat het Swapo-LP Werner Iita gesê dat die verwydering van ministeriële beheer sal help om agterstallige belastingsake af te handel en beleggersvertroue te versterk.
14 Nov 4AM 1 min

EU waarsku teen aflei-taktiek deur Rusland

Die hoof van buitelandse beleid by die Europese Unie, Kaja Kallas, het gewaarsku Rusland probeer om die aandag af te lei van sy aggressie teen Oekraïne deur die kwessie van Europese veiligheid te opper. Moskou dring aan Europa se breër veiligheidsargitektuur moet heronderhandel word as deel van enige vredesgesprekke. Ná…
14 Nov 3AM 1 min

Motorsport: Nasionale tydrenkampioenskap laat Swakop brul

Die enjins brul en die stof staan behoorlik op Swakopmund tydens die vyfde en laaste ronde van die nasionale tydrenkampioenskap. Die eerste motors het Vrydagaand om sesuur by Steckels Toyota weggespring, met drie van die elf sneltrajekte wat reeds afgehandel is. Die tydren strek oor net meer as 196 kilometer,…
14 Nov 2AM 1 min