
DHPS-orkes CHAOS vier 30 jaar met reüniekonsert
Loading player...
Dertig jaar ná sy ontstaan keer die Duitse Hoër Privaatskool Windhoek, DHPS, se skoolorkes CHAOS terug na die plek waar sy musikale reis begin het. Die orkes vier dié mylpaal met ’n reüniekonsert eerskomende Saterdag by DHPS vir voormalige en huidige orkeslede, oud-leerders, ondersteuners en alle musiekliefhebbers. Die sanger Francois Kurz het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die reünie verteenwoordig veel meer as net ’n musikale optrede.

