
Poging om Hegseth te vervolg, voorlopig gestuit
Loading player...
Pogings om die Amerikaanse minister van verdediging, Pete Hegseth, in ’n staat van vervolging te plaas, het in die Amerikaanse Kongres misluk. Hegseth is daarvan beskuldig dat hy oorlog teen Iran gevoer het sonder die Kongres se goedkeuring. ’n Meerderheid van die Huis van Verteenwoordigers het ten gunste daarvan gestem dat die klagtes na ’n komitee verwys word, wat die proses voorlopig effektief beëindig het. Die poging is deur die Republikeinse kongreslid Thomas Massie van Kentucky aanhangig gemaak. Hegseth het tydens sy eerste mediakonferensie by die Pentagon in ses maande die poging tot vervolging as ’n klug en sabotasie beskryf.

