
Straatverkopers wil oral in hoofstad sake doen
Loading player...
Straatverkopers het van Zoo Park na die stedelike en landelike ontwikkeling-ministerie opgeruk om te eis dat hulle op verskillende plekke in Windhoek sake kan doen. Hulle sê die huidige beperkings en gebrek aan geskikte handelsruimtes maak dit al moeiliker om 'n bestaan te maak. Die Katutura-inwonerskomitee se voorsitter, Benestus Kandundu, sê sommige verkopers verdien weens die ekonomiese impak van bek-en-klouseer net 20 Namibiese dollar per dag, wat hul lewensbestaan bedreig.

