Tans 'moeilik om klimaataksie te versnel weens geopolitiek'

Loading player...
Daar is geleenthede om wêreldwye klimaatsaksie te versnel, maar dit is tans moeilik weens die geopolitieke situasie. Dit is volgens professor Morgan Hauptfleisch, direkteur van navorsing by die Namibiese Natuurstigting, terwyl COP31 in Antalya, Turkye aan die gang is. Die 12-dae-klimaatberaad fokus vanjaar daarop om van beloftes na die praktiese uitvoering van bestaande verbintenisse oor te gaan, met besondere aandag aan klimaatfinansiering en ondersteuning vir kwesbare lande.
11 Nov 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Motorsport: Nasionale tydrenkampioenskap laat Swakop brul

Die enjins brul en die stof staan behoorlik op Swakopmund tydens die vyfde en laaste ronde van die nasionale tydrenkampioenskap. Die eerste motors het Vrydagaand om sesuur by Steckels Toyota weggespring, met drie van die elf sneltrajekte wat reeds afgehandel is. Die tydren strek oor net meer as 196 kilometer,…
14 Nov 2AM 1 min

Staalbedryf in SA het dringend hulp nodig

Die vakbond Solidariteit sê die regering moet die staalbedryf dringend ondersteun deur elektrisiteitskoste te verlaag en plaaslike vervaardigers beskerm teen goedkoop staalinvoere uit China. Dit volg na Ferroglobe se besluit om sy smeltoonde in Witbank een die einde van die maand tydelik te sluit, wat sowat 200 werkgeleenthede in die…
14 Nov 1AM 1 min

BKS kos Namibië N$150 per sekonde

Dit is nou sewe weke sedert die uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië en die land verkeer in 'n nasionale krisis, sê Roelie Venter, die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie. As die impak op die totale waardeketting van die landboubedryf in ag geneem word, verloor die land 150 Namibiese dollar…
14 Nov 12AM 1 min