
Meatco oorweeg nood-arbeidsaanpassings weens BKS
Loading player...
Meatco oorweeg noodmaatreëls om koste te besnoei, wat kan beteken dat werknemers tydelike salarisaanpassings en vrywillige skeidingspakkette in die gesig kan staar, terwyl die maatskappy met toenemende finansiële druk weens die bek-en-klouseer uitbrekeing worstel. Die maatskappy het tans bykans 800 werknemers landwyd en 'n maandelikse loonrekening van sowat 15 miljoen Namibiese dollar. Meatco-woordvoerder Undamuje Hambira het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die maatskappy met die Namibië Voedsel- en Geallieerde Werkersunie, Nafau, in gesprek is oor moontlike aanpassings aan vergoeding en werksreëlings.

