
Geen nuwe BKS-gevalle, maar toesig word verskerp suid van Rooilyn
Loading player...
Daar is steeds geen nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die land aangemeld nie, maar die landbouministerie verskerp sy toesig- en moniteringspogings suid van die Rooilyn en buite die ||Kharas-streek, insluitend kommunale gebiede. Die risikogebaseerde monitering sal fokus op vroeë opsporing van die siekte, asook 'n beoordeling van die risiko dat dit na gebiede buite die huidige geaffekteerde gebied kan versprei. Inentingspogings duur ook voort. Woordvoerder Romeo Muyunda het die maatreëls tydens die ministerie se weeklikse inligtingsessie aangekondig.

