Baie besighede nog nie uitvoergereed, sê kenner

Loading player...
Die regering het ’n gids bekendgestel om Namibiese ondernemings te help om handel te dryf in die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied. Kenners sê beter toegang tot handelsinligting is noodsaaklik om veral klein en mediumgrootte ondernemings te help om nuwe markte te betree. Danny Meyer, stigter en direkteur van SMEs Compete, sê baie plaaslike ondernemings is nog nie gereed vir uitvoer nie. Hulle moet hul verpakking, etikettering, gehaltebeheer en pryse verbeter om op die vasteland mee te ding. Meyer het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
12 Nov 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS kos Namibië N$150 per sekonde

Dit is nou sewe weke sedert die uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië en die land verkeer in 'n nasionale krisis, sê Roelie Venter, die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie. As die impak op die totale waardeketting van die landboubedryf in ag geneem word, verloor die land 150 Namibiese dollar…
14 Nov 12AM 1 min

Copps 94.1: Wetsbewakers het hul hande vol met Windhoekers

Windhoek was Vrydagaand 'n miernes van onstuimige bedrywighede met die Copps 94.1-span wat behoorlik moes skarrel om wet en orde te handhaaf. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op sy pos en doen verslag van die toneel:
13 Nov 11PM 1 min

Beskuldigdes in Marx-aanval bly agter tralies, AfriForum juig

AfriForum verwelkom die besluit van die vier beskuldigdes in die aanval op 'n boer van Noordwes, Donovan Marx, om hul borgtogaansoeke te laat vaar. Hulle word aangekla van poging tot moord, roof en vuurwapenverwante misdrywe. Die saak is tot 15 Februarie uitgestel sodat die staat ballistiese verslae kan bekom. Marx…
13 Nov 10AM 1 min