
Maumela se Ferrari vir N$10,1m verkoop
Loading player...
ʼn Luukse Ferrari van meer as elf-miljoen Namibiese dollar wat aan die vermeende tender-bedrieër, Hangwani Maumela, behoort, is op ʼn veilig vir 10,1-miljoen dollar verkoop. Die motor word verbind met die plundery van twee-miljard dollar by die Tembisa-hospitaal. Maumela word beskuldig dat hy die baasbrein was agter drie sindikate wat by die plundery betrek word, en het glo meer as 900-miljoen dollars se tenders van die hospitaal gekry. Die Spesiale Ondersoekeenheid se woordvoerder, Selby Makgotho sê dis ʼn stap in die regte rigting:

