Nasan het oog op mynbou-, vervoer- en mariene sektore

Loading player...
Die plaaslike brandstofmaatskappy Nasan Energies beplan om sy bedrywighede uit te brei na die mynbou-, vervoer- en mariene sektore, waar hy ook brandstof wil voorsien. Dit volg ná ’n vergadering met president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Die besturende direkteur, Jean-Blaise Ollomo, sê die maatskappy se netwerk van 42 vulstasies sal ook opgegradeer word, met spesiale aandag aan takke wat swak presteer. Die doel is om groei en werkskepping te bevorder, in lyn met die regering se NDP 6-ontwikkelingsplan.
12 Nov 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS kos Namibië N$150 per sekonde

Dit is nou sewe weke sedert die uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië en die land verkeer in 'n nasionale krisis, sê Roelie Venter, die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie. As die impak op die totale waardeketting van die landboubedryf in ag geneem word, verloor die land 150 Namibiese dollar…
14 Nov 12AM 1 min

Copps 94.1: Wetsbewakers het hul hande vol met Windhoekers

Windhoek was Vrydagaand 'n miernes van onstuimige bedrywighede met die Copps 94.1-span wat behoorlik moes skarrel om wet en orde te handhaaf. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op sy pos en doen verslag van die toneel:
13 Nov 11PM 1 min

Beskuldigdes in Marx-aanval bly agter tralies, AfriForum juig

AfriForum verwelkom die besluit van die vier beskuldigdes in die aanval op 'n boer van Noordwes, Donovan Marx, om hul borgtogaansoeke te laat vaar. Hulle word aangekla van poging tot moord, roof en vuurwapenverwante misdrywe. Die saak is tot 15 Februarie uitgestel sodat die staat ballistiese verslae kan bekom. Marx…
13 Nov 10AM 1 min