Olimpiese Jeugspele sorg vir vele ooreenkomste

Loading player...
Die Olimpiese Jeugspele in Dakar, die hoofstad van Senegal, eindig môre. Dit is die eerste keer dat ’n Olimpiese sportbyeenkoms in Afrika aangebied is. Sowat 2 700 jong atlete tussen 14 en 17 jaar oud van reg oor die wêreld het aan die Spele deelgeneem. Hulle het in 25 verskillende sportsoorte meegeding. Namibië was ook verteenwoordig, met 12 atlete wat in sewe sportsoorte deelgeneem het. Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee se uitvoerende hoof, Anri Parker, het uit Dakar met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
12 Nov 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS kos Namibië N$150 per sekonde

Dit is nou sewe weke sedert die uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië en die land verkeer in 'n nasionale krisis, sê Roelie Venter, die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie. As die impak op die totale waardeketting van die landboubedryf in ag geneem word, verloor die land 150 Namibiese dollar…
14 Nov 12AM 1 min

Copps 94.1: Wetsbewakers het hul hande vol met Windhoekers

Windhoek was Vrydagaand 'n miernes van onstuimige bedrywighede met die Copps 94.1-span wat behoorlik moes skarrel om wet en orde te handhaaf. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op sy pos en doen verslag van die toneel:
13 Nov 11PM 1 min

Beskuldigdes in Marx-aanval bly agter tralies, AfriForum juig

AfriForum verwelkom die besluit van die vier beskuldigdes in die aanval op 'n boer van Noordwes, Donovan Marx, om hul borgtogaansoeke te laat vaar. Hulle word aangekla van poging tot moord, roof en vuurwapenverwante misdrywe. Die saak is tot 15 Februarie uitgestel sodat die staat ballistiese verslae kan bekom. Marx…
13 Nov 10AM 1 min