
SA en China brei samewerking in kunsmatige intelligensie uit
Loading player...
Die adjunkminister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Nomalungelo Gina, sê Suid-Afrika en China streef na wedersyds voordelige samewerking op gebiede soos die digitale ekonomie, kunsmatige intelligensie en energie. Die twee lande wil ʼn talentontwikkeling- en vernuwing-sentrum vir kunsmatige intelligensie in Suid-Afrika vestig. Gina sê dit sal die land se gaping in digitale vaardighede oorbrug, vernuwingsvermoë bou en samewerking met Chinese instellings bevorder. Sy sê voorbereidingswerk is aan die gang:

