
Goewerneurs mag nie self hul staatsvoertuie bestuur: NNN
Loading player...
Die Presidensie het bevestig dat president Netumbo Nandi-Ndaitwah ’n opdrag uitgereik het wat streeksgoewerneurs verbied om self die staatsvoertuie te bestuur wat aan hul kantore toegeken is. Die opdrag, wat op 16 Oktober uitgereik is, vereis dat goewerneurs van hul aangewese bestuurders gebruik maak. Goewerneurs wat dit nie nakom nie, kan persoonlik aanspreeklik gehou word vir herstelkoste indien hulle in ’n ongeluk betrokke is. Presidensiële woordvoerder Jonas Mbambo het die opdrag aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig.

