
IPC vra ingryping in opeenhoping by Walvisbaai-hawe
Loading player...
Die IPC spreek kommer uit oor die toenemende opeenhopingskrisis by die Walvisbaai-hawe. Dit volg nadat groot internasionale skeepsrederye, waaronder Maersk, COSCO, CMA CGM en MACS Shipping, bevestig het dat verskeie skepe Namibië verbyvaar weens ernstige opeenhoping by die hawe. Gevolglik word skepe wat noodsaaklike vrag vervoer, eerder by hawens in Kaapstad, Luanda en Pointe-Noire afgelaai. Die IPC se skadu-vervoerminister, Nelson Kalangula, sê die opeenhoping lei tot duur oorlaaikoste en vertragings van etlike weke.

