Namibië se uraan- en gouduitvoere styg skerp

Loading player...
Namibië se uraan- en gouduitvoere het in September byna vier-komma-agt miljard Namibiese dollar ingebring. Uraan het meer as verdubbel teenoor dieselfde tyd verlede jaar, terwyl goud ook ’n sterk styging getoon het. Saam het die twee minerale byna 39 persent van die land se totale uitvoerinkomste verteenwoordig.Lauren Graham van die Kamer van Mynwese sê die vooruitsigte vir Namibië se uraanbedryf is positief, met bestaande myne wat produksie verhoog en nuwe projekte wat verdere groei kan ondersteun.
13 Nov 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beskuldigdes in Marx-aanval bly agter tralies, AfriForum juig

AfriForum verwelkom die besluit van die vier beskuldigdes in die aanval op 'n boer van Noordwes, Donovan Marx, om hul borgtogaansoeke te laat vaar. Hulle word aangekla van poging tot moord, roof en vuurwapenverwante misdrywe. Die saak is tot 15 Februarie uitgestel sodat die staat ballistiese verslae kan bekom. Marx…
13 Nov 10AM 1 min

Privaatsektor moet help met water-bewaring: Zaamwani

Die regering doen ’n beroep op die privaatsektor om groter verantwoordelikheid te aanvaar vir die bewaring van waterbronne, terwyl pogings verskerp word om watersekerheid te verbeter en volhoubare ekonomiese ontwikkeling te bevorder. Die oproep is deur landbouminister Inge Zaamwani gemaak tydens ’n besoek aan die Orano-ontsoutingsaanleg in Swakopmund, saam met…
13 Nov 10AM 1 min

Goewerneurs mag nie self hul staatsvoertuie bestuur: NNN

Die Presidensie het bevestig dat president Netumbo Nandi-Ndaitwah ’n opdrag uitgereik het wat streeksgoewerneurs verbied om self die staatsvoertuie te bestuur wat aan hul kantore toegeken is. Die opdrag, wat op 16 Oktober uitgereik is, vereis dat goewerneurs van hul aangewese bestuurders gebruik maak. Goewerneurs wat dit nie nakom nie,…
13 Nov 9AM 1 min

IPC vra ingryping in opeenhoping by Walvisbaai-hawe

Die IPC spreek kommer uit oor die toenemende opeenhopingskrisis by die Walvisbaai-hawe. Dit volg nadat groot internasionale skeepsrederye, waaronder Maersk, COSCO, CMA CGM en MACS Shipping, bevestig het dat verskeie skepe Namibië verbyvaar weens ernstige opeenhoping by die hawe. Gevolglik word skepe wat noodsaaklike vrag vervoer, eerder by hawens in…
13 Nov 9AM 1 min