
IPC se Nashinge pleit vir klimaatskoukus
Loading player...
Die leier van die amptelike opposisie in die Nasionale Vergadering, Immanuel Nashinge, stel voor dat ’n parlementêre klimaatskoukus ingestel word om Namibië se reaksie op klimaatsverandering te versterk en oplossings oor verskeie sektore te bevorder. Nashinge het tydens COP31 in Turkye gesê Namibië kan by buurlande soos Zambië leer, wat reeds groen ekonomiese geleenthede benut. Hy meen Namibië moet ook koolstofkrediete en projekte ondersoek, soos die opvang van metaangas by munisipale riooldamme, om buitelandse valuta te verdien.

