Lutuhezi steun belastingwysigings, pleit vir beskerming van klein ondernemings

Loading player...
IPC-parlementslid Lilian Lutuhezi het die Wysigingswetsontwerp op Inkomstebelasting van 2025 in die parlement gesteun. Sy sê egter die nuwe wetgewing moet prakties en maklik verstaanbaar wees vir gewone burgers. Dit sluit klein sake-eienaars, soos kapana-verkopers, bestel-by-my verkopers en ander klein ondernemings in. Die wetsontwerp beoog onder meer om ’n onafhanklike belastinghof tot stand te bring waar belastinggeskille aangehoor kan word. Dit sal ook die reëls vir belastingadministrasie bywerk. Lutuhezi waarsku dat die nuwe bepalings nie klein ondernemings moet benadeel nie.
12 Nov 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Wetsbewakers het hul hande vol met Windhoekers

Windhoek was Vrydagaand 'n miernes van onstuimige bedrywighede met die Copps 94.1-span wat behoorlik moes skarrel om wet en orde te handhaaf. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op sy pos en doen verslag van die toneel:
13 Nov 11PM 1 min

Beskuldigdes in Marx-aanval bly agter tralies, AfriForum juig

AfriForum verwelkom die besluit van die vier beskuldigdes in die aanval op 'n boer van Noordwes, Donovan Marx, om hul borgtogaansoeke te laat vaar. Hulle word aangekla van poging tot moord, roof en vuurwapenverwante misdrywe. Die saak is tot 15 Februarie uitgestel sodat die staat ballistiese verslae kan bekom. Marx…
13 Nov 10AM 1 min

Privaatsektor moet help met water-bewaring: Zaamwani

Die regering doen ’n beroep op die privaatsektor om groter verantwoordelikheid te aanvaar vir die bewaring van waterbronne, terwyl pogings verskerp word om watersekerheid te verbeter en volhoubare ekonomiese ontwikkeling te bevorder. Die oproep is deur landbouminister Inge Zaamwani gemaak tydens ’n besoek aan die Orano-ontsoutingsaanleg in Swakopmund, saam met…
13 Nov 10AM 1 min