
Verhoor teen regter Hartle gaan voort sonder betwiste telefoonopnames
Loading player...
Die verhoor teen regter Belinda Hartle van die Oos-Kaapse Hooggeregshof oor rassisme sal voortgaan sonder drie omstrede telefoonopnames. Die tribunaal vir regterlike gedrag het die verdediging se aansoek om die opnames te laat speel van die hand gewys. Die gesprekke is na bewering tussen die klaer, Thozamile Semekazi, en Hartle se man. Hartle ontken sy het ’n rasse-belediging gebruik, maar erken sy het vir Semekazi gevloek. Die verdediging het aangevoer hulle sou Semekazi se geloofwaardigheid kon betwis. Die voorsitter van die tribunaal, Boissie Mbha, het egter beslis dit sou onverantwoordelik wees om die opnames te gebruik:

