Dit is nou sewe weke sedert die uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië en die land verkeer in 'n nasionale krisis, sê Roelie Venter, die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie. As die impak op die totale waardeketting van die landboubedryf in ag geneem word, verloor die land 150 Namibiese dollar…
Windhoek was Vrydagaand 'n miernes van onstuimige bedrywighede met die Copps 94.1-span wat behoorlik moes skarrel om wet en orde te handhaaf. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op sy pos en doen verslag van die toneel:
AfriForum verwelkom die besluit van die vier beskuldigdes in die aanval op 'n boer van Noordwes, Donovan Marx, om hul borgtogaansoeke te laat vaar. Hulle word aangekla van poging tot moord, roof en vuurwapenverwante misdrywe. Die saak is tot 15 Februarie uitgestel sodat die staat ballistiese verslae kan bekom. Marx…
Die regering doen ’n beroep op die privaatsektor om groter verantwoordelikheid te aanvaar vir die bewaring van waterbronne, terwyl pogings verskerp word om watersekerheid te verbeter en volhoubare ekonomiese ontwikkeling te bevorder. Die oproep is deur landbouminister Inge Zaamwani gemaak tydens ’n besoek aan die Orano-ontsoutingsaanleg in Swakopmund, saam met…
Die Presidensie het bevestig dat president Netumbo Nandi-Ndaitwah ’n opdrag uitgereik het wat streeksgoewerneurs verbied om self die staatsvoertuie te bestuur wat aan hul kantore toegeken is. Die opdrag, wat op 16 Oktober uitgereik is, vereis dat goewerneurs van hul aangewese bestuurders gebruik maak. Goewerneurs wat dit nie nakom nie,…
Die IPC spreek kommer uit oor die toenemende opeenhopingskrisis by die Walvisbaai-hawe. Dit volg nadat groot internasionale skeepsrederye, waaronder Maersk, COSCO, CMA CGM en MACS Shipping, bevestig het dat verskeie skepe Namibië verbyvaar weens ernstige opeenhoping by die hawe. Gevolglik word skepe wat noodsaaklike vrag vervoer, eerder by hawens in…
Die Vereniging van Uitsaai-veterane hou op 17 November hul jaarlikse konferensie by Windhoek Gimnasium se klubhuis, onder die tema “Die pad vorentoe”. Uitsaai-veterane van Namibië en Suid-Afrika, kundiges en jong talent sal saam besin oor die toekoms van radio in ’n veranderende medialandskap, met die klem op mentorskap en vaardigheidsoordrag…
Forum for South Africa wil hê president Cyril Ramaphosa moet voor die Madlanga-kommissie verskyn om rekenskap te gee rakende inligtingsgesprekke wat hy na bewering ontvang het oor misdaadnetwerke en die infiltrasie van die strafregstelsel. Die waarnemende hoof van die Nasionale Intelligensie-koördineringskomitee, Ntandazo Sifolo, het vrae geopper oor wat Ramaphosa weet,…
Die Kantoor van die Eerste Minister waarsku dat sterk El Niño-toestande die komende reënseisoen warmer en droër as normaal kan maak. Mercy Molefe-Mahoto, ’n geotegnikus vir ramp-risikobestuur, sê waterbronne is reeds onder druk, met ondergemiddelde reënval wat veral tussen Januarie en Maart verwag word. Dit kan oeste, veeboerdery en nasionale…
Ná die Demokrate se oorwinning in die Amerikaanse middeltermynverkiesing, waarin hulle beheer oor albei huise van die Kongres oorgeneem het, ontstaan die vraag of immigrasie na die Verenigde State nou makliker kan word. Namibiërs en Suid-Afrikaners wat dit oorweeg om na Amerika te verhuis, wonder wat die politieke verandering vir…
Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu prys die Namibiese Korrektiewe Diens se vordering met die rehabilitasie en herintegrasie van gevangenes. Sy het by die diens se 10de gradeplegtigheid gesê 95,65 persent van gevangenes het hul rehabilitasieprogramme in die eerste helfte van die 2026/2027-boekjaar voltooi, terwyl gemeenskapsdiensbevele ’n 100 persent voltooiingskoers behaal het…
Die ervare losskakel Beauden Barrett gaan die All Blacks môre die eerste keer aanvoer in die wedstryd teen Wallis in Cardiff. Barrett, wat in sy 149ste toets gaan speel, neem oor by Codie Taylor, wat ʼn blaaskans kry. Die losvoorspeler Anton Segner en die vleuel Fehi Fineanganofo is albei die…
ActionSA het gister se vergadering tussen sy leier Herman Mashaba en DA-leier Geordin Hill-Lewis as produktief, professioneel en wedersyds respekvol beskryf. Politieke partye voer koalisiegesprekke na die plaaslikeregeringsverkiesings, waartydens 138 munisipaliteite onbeslis gelaat is. Partye het minder as twee weke om burgemeesters vir munisipale rade te verkies. Ten spyte dat…
Politieke ontleder Henning Melber bevraagteken Duitsland se besluit om die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Peter Katjavivi, met die Grootkruis van die Orde van Verdienste te vereer. Melber sê Katjavivi het, ondanks sy senior posisie in Swapo, nie ’n duidelike rekord van steun vir geregtigheid en vergoeding vir die…
Die Brave Warriors se finansiële probleme het in Kameroen opslae gemaak nadat die span weens ’n onbetaalde hotelrekening van sowat 320-duisend Namibiese dollar gestrand was. Kameroen se Sokkerfederasie-president, Samuel Eto’o, het ingegryp om die rekening te vereffen. Die Namibiese Sokkervereniging se waarnemende sekretaris-generaal, Mabos Vries, bevestig dat spelers steeds uitstaande…
Bank Windhoek ontken enige verband tussen die bedanking van sy hoof van regsinvorderings, Athalia Wallace-McNab, en ’n voortslepende regsgeskil met sakeman Ben ‘BH’ Hauwanga. Die geskil handel oor 90 000 Capricorn Investment Holdings-aandele wat Hauwanga sê hy meer as ’n dekade gelede gekoop het. Hy beweer hy het meer as…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.