Cyril moet voor Madlanga-kommissie getuig: FSA

Loading player...
Forum for South Africa wil hê president Cyril Ramaphosa moet voor die Madlanga-kommissie verskyn om rekenskap te gee rakende inligtingsgesprekke wat hy na bewering ontvang het oor misdaadnetwerke en die infiltrasie van die strafregstelsel. Die waarnemende hoof van die Nasionale Intelligensie-koördineringskomitee, Ntandazo Sifolo, het vrae geopper oor wat Ramaphosa weet, wanneer hy ingelig is en wat gedoen is. Forum4SA se leier, Tebogo Mashilompane, sê hy is na bewering ingelig voor die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se openbare nuuskonferensie:
13 Nov 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beskuldigdes in Marx-aanval bly agter tralies, AfriForum juig

AfriForum verwelkom die besluit van die vier beskuldigdes in die aanval op 'n boer van Noordwes, Donovan Marx, om hul borgtogaansoeke te laat vaar. Hulle word aangekla van poging tot moord, roof en vuurwapenverwante misdrywe. Die saak is tot 15 Februarie uitgestel sodat die staat ballistiese verslae kan bekom. Marx…
13 Nov 10AM 1 min

Privaatsektor moet help met water-bewaring: Zaamwani

Die regering doen ’n beroep op die privaatsektor om groter verantwoordelikheid te aanvaar vir die bewaring van waterbronne, terwyl pogings verskerp word om watersekerheid te verbeter en volhoubare ekonomiese ontwikkeling te bevorder. Die oproep is deur landbouminister Inge Zaamwani gemaak tydens ’n besoek aan die Orano-ontsoutingsaanleg in Swakopmund, saam met…
13 Nov 10AM 1 min

Goewerneurs mag nie self hul staatsvoertuie bestuur: NNN

Die Presidensie het bevestig dat president Netumbo Nandi-Ndaitwah ’n opdrag uitgereik het wat streeksgoewerneurs verbied om self die staatsvoertuie te bestuur wat aan hul kantore toegeken is. Die opdrag, wat op 16 Oktober uitgereik is, vereis dat goewerneurs van hul aangewese bestuurders gebruik maak. Goewerneurs wat dit nie nakom nie,…
13 Nov 9AM 1 min

IPC vra ingryping in opeenhoping by Walvisbaai-hawe

Die IPC spreek kommer uit oor die toenemende opeenhopingskrisis by die Walvisbaai-hawe. Dit volg nadat groot internasionale skeepsrederye, waaronder Maersk, COSCO, CMA CGM en MACS Shipping, bevestig het dat verskeie skepe Namibië verbyvaar weens ernstige opeenhoping by die hawe. Gevolglik word skepe wat noodsaaklike vrag vervoer, eerder by hawens in…
13 Nov 9AM 1 min