
Vereniging van Uitsaai-veterane beplan vir die toekoms
Loading player...
Die Vereniging van Uitsaai-veterane hou op 17 November hul jaarlikse konferensie by Windhoek Gimnasium se klubhuis, onder die tema “Die pad vorentoe”. Uitsaai-veterane van Namibië en Suid-Afrika, kundiges en jong talent sal saam besin oor die toekoms van radio in ’n veranderende medialandskap, met die klem op mentorskap en vaardigheidsoordrag. Studente en leerders wat hul uitsaai-opleiding suksesvol voltooi het, sal ook sertifikate ontvang. Kolie van Coller, sameroeper en medestigter van die vereniging, vertel meer:

