
ActionSA sê ‘n koalisievergadering met die DA was produktief en wedersyds respekvol
Loading player...
ActionSA het gister se vergadering tussen sy leier Herman Mashaba en DA-leier Geordin Hill-Lewis as produktief, professioneel en wedersyds respekvol beskryf. Politieke partye voer koalisiegesprekke na die plaaslikeregeringsverkiesings, waartydens 138 munisipaliteite onbeslis gelaat is. Partye het minder as twee weke om burgemeesters vir munisipale rade te verkies. Ten spyte dat die DA die leidende party in Johannesburg en Tshwane is, sê ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, die partye is bereid om Mashaba en Nasiphi Moya as onderskeidelik burgemeesters van die twee metro's te steun:

