
Korrektiewe Diens geloof vir rehabilitasiewerk
Loading player...
Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu prys die Namibiese Korrektiewe Diens se vordering met die rehabilitasie en herintegrasie van gevangenes. Sy het by die diens se 10de gradeplegtigheid gesê 95,65 persent van gevangenes het hul rehabilitasieprogramme in die eerste helfte van die 2026/2027-boekjaar voltooi, terwyl gemeenskapsdiensbevele ’n 100 persent voltooiingskoers behaal het. Ipumbu sê dié programme is daarop gemik om gevangenes voor te berei om ná hul vrylating suksesvol in die gemeenskap te herintegreer.

