
Melber bevraagteken Duitse toekenning aan Katjavivi
Loading player...
Politieke ontleder Henning Melber bevraagteken Duitsland se besluit om die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Peter Katjavivi, met die Grootkruis van die Orde van Verdienste te vereer. Melber sê Katjavivi het, ondanks sy senior posisie in Swapo, nie ’n duidelike rekord van steun vir geregtigheid en vergoeding vir die slagoffers van die Otjiherero- en Nama-volksmoord nie.Hy sê Katjavivi het ook nie binne Swapo se beleidsprogramme aangedring op herstelbetalings vir die geaffekteerde gemeenskappe nie.

